Month: Augustus 2020

Het god ’n Verpligting?

’n Vriend van my het aan my 20 foto’s van pragtige kerke in verskillende wêrelddele gestuur. Hierdie kerke was ver van mekaar verwyder, vanaf Alaska tot Indië en elkeen was argitektonies uniek. Die pragtigste argitektoniese plek van aanbidding in Jeremia se tyd, was die tempel wat koning Josia herstel en weer in gebruik geneem het (2 Kron. 34-35). Die volk…

meester Vakman

Toe ek en my vrou verloof geraak het, het haar pa aan ons ’n baie spesiale trougeskenk gegee. Aangesien hy ’n oorlosiemaker en juwelier was, het hy ons trouringe gemaak. Om my troupand te maak, het Jim brokstukke van ander ringe wat hy moes verklein, gebruik. Daardie stukkies goud was skynbaar waardeloos, maar in die hande van ’n meester vakman…

’n nuwe doel

’n Hotel wat 60 jaar oud is, word nou gerepareer en in wooneenhede ingedeel. ’n Verroeste skip wat al lank in die hawe van Filadelfia lê, word herstel en sal moontlik in ’n hotel of museum omskep word. Hangar 61, ’n argitektoniese skepping by die ou Stapleton Lughawe in Kolorado, wat deur die jare baie bewonder is, word in ’n…

gooi Hom met Die Boek!

Aan die begin van Jesus se optrede, het alles goed verloop en ons lees in Matteus 3 dat Hy deur Johannes die Doper gedoop is en dat die Vader openlik verklaar het: “Dit is my geliefde Seun. Oor Hom verheug Ek my” (Matt. 3:17). Maar kort daarna het die situasie ’n slegte wending geneem. Wat het gebeur? Jesus word in…

Om jouself uit te put

My vriend, Jeff, se dogter het hom gevra om die diens by haar huwelik waar te neem. Dit sou vir hom ’n groot vreugde wees en hy wou dit graag doen. Hulle sou na ’n eksotiese en romantiese omgewing reis, waar die seremonie sou plaasvind. Daar was egter een probleem. Hy sou drie rolle moes vertolk – die vader van…

soos ’n Kudde

Gedurende ’n demonstrasie hoe om troppe skape met behulp van ’n skaaphond te hanteer, het die hondetemmer verduidelik dat omdat skape so maklik deur wilde diere gevang word, is hulle beste verdediging teen sulke aanvalle om in ’n trop bymekaar te bly. “’n Skaap wat alleen is, is ’n dooie skaap” het hy gesê. “Die goedopgeleide hond hou die skape…

Om Vis te Vang waar geen Vis is nie

Ek het ’n goeie vriend met wie ek soms gaan visvang. Hy is ’n denker en nadat hy sy stewels aangetrek en sy gereedskap reggekry het, sit hy eers ’n lang ruk op sy bakkie en bekyk die rivier om te sien of daar visse in die water doenig is. Dan sê hy: “No use fishing where they ain’t”. Daar…

tyd vir die wapenrusting

Ek het gou agtergekom dat die jong seun wat tydens ’n Bybelstudie vir kinders uit die Bybel aangehaal het, nie veel van die Bybel weet nie. Hy het Efesiërs 6:17 gekwoteer toe ons die Christen se wapenrusting bestudeer het. “Vat die swaard van die Gees, dit is die woord van God”. Toe hy die verwysing moes aanhaal het hy gesê:…

Die Onverwagte

Toni was op soek na iets wat nie regtig weg was nie, en toe vind sy iets waarvoor sy nie gesoek het nie. As gevolg daarvan het ’n groep mense ’n onverwagte geestelike seën ontvang. Toni lei ’n Bybelstudie in ’n dwelmrehabilitasie instituut in Alaska en sy was op soek na haar man se bestuurderslisensie. Sy het haar vorige dag…

’n moeilike totsiens

Toe ons jongste seun by die weermag aangesluit het, het ons geweet dat baie moeilike uitdagings vir ons almal voorlê. Ons het geweet dat daar gevaar sou wees en dat hy fisies, emosioneel en geestelik getoets sou word. Ons het ook besef dat ons huis nooit weer regtig sy woonplek sou wees nie. In die maande voor sy vertrek het…