Toni was op soek na iets wat nie regtig weg was nie, en toe vind sy iets waarvoor sy nie gesoek het nie. As gevolg daarvan het ’n groep mense ’n onverwagte geestelike seën ontvang. Toni lei ’n Bybelstudie in ’n dwelmrehabilitasie instituut in Alaska en sy was op soek na haar man se bestuurderslisensie. Sy het haar vorige dag se besoeke nagegaan en gesien dat sy ’n hospitaal besoek het. Die verlore lisensie was nie daar nie, maar ’n hoërskoolkoor was besig om te sing. Toni is diep geraak deur die Christelike liedere en vra toe die direkteur van die toergroep of hulle daardie aand by haar Bybelstudie kon optree. Hy het ingestem en hulle het gekom en pragtig gesing en vreugde, hoop en liefde aan daardie getraumatiseerde jongmense gebring. Geseënde gesprekke is gevoer met persone wat probeer om weer hulle gebroke lewens op koers te kry. En wat van die bestuurderslisensie? Toni het dit op ’n stoel gevind toe sy tuis gekom het. Skynbaar was die enigste rede waarom sy daardie dag moes uitgaan, sodat sy die hospitaal kon besoek, na ’n klompie tieners se sang kon luister, tieners wat later voor haar groep opgetree het. As die Here ons lei (Spreuke 16:9) kan Hy ons selfs deur ongemaklike situasies neem om eer aan sy Naam te bring. As ons probleme moet hanteer, onthou dan dat God ons moontlik iets wil leer.