Maand: Julie 2020

“Free 4 All”

In ’n poging om gesinne in ons omgewing wat in hierdie moeilike tye in nood verkeer en nie vir hulle afhanklikes kan sorg nie, by te staan, het ons kerk ’n program begin wat Free 4 All genoem word. Ons bring almal gebruikte items wat nog in goeie kondisie is na die kerk en dan kan behoeftiges in ons gemeenskap…

Jupiter Het Geval

Ek het eendag vir my seunjie ’n goedkoop model van die hemelruim gekoop. Om dit op te stel, moes elke planeet aan die plafon vasgeheg word. Ek moes verskeie kere neerbuk en dan weer na bo uitstrek om die planete vas te heg. Spoedig het ek moeg en duiselig geword. ’n Paar uur later het ons ’n slag gehoor. Dit…

Die Goeie Lewe

Filosowe spekuleer: “Wat is die goeie lewe en wie besit dit?” Ek dink dadelik aan my goeie vriend Roy. Roy was ’n stille, nederige man wat nooit eer of erkenning gesoek het nie. Hy het alles in sy lewe aan die goeie Vader oorgelaat en hy het al sy tyd daaraan bestee om die wil van die Vader te doen.…

Uit Liefde Vir God

’n Paar jaar gelede is daar in ons gemeente ’n reeks dienste oor die Ou Testamentiese Tabernakel aangebied. Voordat ons die gedeelte oor die toonbrode behandel het, het ek iets gedoen wat ek nog nooit voorheen gedoen het nie. Ek het vir ’n paar dae gevas. Ek het dit gedoen omdat ek wou ondervind wat die Bybel sê naamlik “dat…

Omkopery

Toe my man in ’n vreemde land gereis het, het hy gesien dat daar baie slaggate in die paaie is. Toe hy daaroor uitgevra het, het die bestuurder gesê dat dit veroorsaak word deur die bande van voertuie wat onwettige vragte wat oorgewig is, vervoer. Indien die verkeerspolisie hulle voorkeer, word omkoopgeld betaal en dan word hulle nie beboet nie.…

Vreugde In Die Môre

As gevolg van mistigheid kon Angie nie goed deur die vensters van haar motor sien nie en toe het sy in ’n vragmotor vasgery. Die ongeluk het haar brein so ernstig beskadig dat sy nie langer kon praat of na haarself omsien nie. Deur die jare is ek diep geraak deur haar ouers se optrede en hoe hulle haar versorg.…

Dis My Plesier

Ek sien altyd so uit na die somer. Die lekker sonskyn, bofbal, braaivleis en die strand, verskaf vreugde na ’n lang en ysige winter. Maar om plesier te ondervind is nie net in die somer moontlik nie. Geniet ons dan nie almal lekker kosse, aangename geselskap en ’n gesellige vuur in die kaggel nie? Die verlange na plesier is nie…

Bly Naby

My vriendin wat saam met my gereis het, was ’n bietjie verward en onseker. Toe ons by die lughawe aankom het sy vergeet om haar identifikasiekaart beskikbaar te hê en sy kon ook nie haar besprekingsnommer vind nie. Die persoon by die kaartjie toonbank was baie geduldig en het haar toe by die aanmeldtoonbank deurgehelp. Nadat sy eindelik haar kaartjie…

’n Asemrowende Uitsig

Vanaf my woning in Kolorado het ek onlangs die Google Kaarte gebruik om die omgewing van Nairobi in Kenia te verken en daar rond te loop. My familie het twee dekades gelede daar gewoon. ’n Sattelietbeeld op my rekenaar het my gehelp om paaie, geboue en ander plekke te identifiseer. Dis was so duidelik dat dit vir my gevoel het…

Ons Beste Verdediging

Toe ek en ’n afgetrede VSA ambassadeur langs mekaar te lande gekom het gedurende ’n treinreis van agt ure, het daar ’n argument ontstaan toe hy hoorbaar gesug het, toe ek my Bybel tevoorskyn gebring het. Ek het dit as ’n geleentheid beskou en begin gesels. Aanvanklik was dit net kort opmerkings en albei van ons het punte ingesamel. Geleidelik…