Toe ek en ’n afgetrede VSA ambassadeur langs mekaar te lande gekom het gedurende ’n treinreis van agt ure, het daar ’n argument ontstaan toe hy hoorbaar gesug het, toe ek my Bybel tevoorskyn gebring het. Ek het dit as ’n geleentheid beskou en begin gesels. Aanvanklik was dit net kort opmerkings en albei van ons het punte ingesamel. Geleidelik het ons onderskeie lewensverhale ter sprake gekom. Nuuskierigheid het ons oorweldig en ons het vrae begin stel in plaas van om te argumenteer. Hy was ’n majoor en het politieke wetenskap op kollege studeer, terwyl ek maar net ’n politieke amateur was. Ek het belanggestel in sy loopbaan en veral die twee belangrike ambassadeursposte wat hy beklee het. Eienaardig genoeg het die vrae wat hy gestel het, almal verband gehou met my geloof. Hy wou weet hoe ek ’n gelowige geword het. Toe die treinreis geëindig het, het ons op goeie voet verkeer en ons het besigheidskaarte uitgeruil. Toe het hy gesê: “Terloops, die beste deel van jou argumente is nie wat jy dink Jesus kan vir my doen nie, maar wat Hy reeds vir jou gedoen het”. In Johannes 9 sowel as gedurende daardie treinreis, herinner God ons daaraan dat die beste verhaal dié een is wat ons goed ken, naamlik ons eie ontmoeting met Jesus. Oefen om die storie van jou geloof aan familie en vriende te vertel en dan sal jy later instaat wees om dit aan ander te verduidelik.