Month: Oktober 2018

Hoop In Die Donker

Volgens oorlewering was Qu Yuan ’n wyse en patriotiese staatsamptenaar wat gedurende die tyd wat as die Strydende State (475–246 v.C.) bekend was, gelewe het. Daar word vertel dat hy keer op keer sy koning gewaarsku het oor ’n onafwendbare inval wat die land sou vernietig, maar die koning het nie na sy raad geluister nie. Qu Yuan is op…

Kom Ooreen Om Te Verskil

Ek onthou hoe my pa gepraat het oor hoe moeilik dit was om nie betrokke te raak by die voortdurende argumente oor verskillende interpretasies van die Bybel nie. Hy het ook onthou hoe goed dit was wanneer albei partye ooreengekom het om te verskil.

Is dit regtig moontlik om onversoenbare verskille tersyde te stel wanneer so baie op die spel…

Gryp Dankbaarheid Vas

Jare se moegheid weens chroniese pyn en frustrasie met my beperkte beweging het my uiteindelik ingehaal. Ek was ontevrede, veeleisend en ondankbaar. Ek het gekla oor my man se versorging en hoe hy die huis opruim. En al is hy die beste kok wat ek ken, het ek gekla oor die eentonigheid van ons geregte. Toe hy uiteindelik erken dat…

U Wil, Nie Myne Nie

Kamil en Joelle was verslae toe hul agtjarige dogter Rima met leukemie gediagnoseer is. Sy het meningitis gekry en daarna ’n beroerte, waarna sy in ’n koma verval het. Met minder as 1% kans op oorlewing, het die mediese span haar ouers aangeraai om begrafnisreëlings te tref.

Die ouers het om ’n wonderwerk gebid. “Wanneer ons bid,” het Kamil gesê,…

Onverwagse Welwillendheid

My vriendin het in die ry gestaan om haar kruideniersware te betaal toe die man voor haar omdraai en haar ’n geskenkbewys van R170 korting op haar rekening gee. Sy was moeg en het in trane uitgebars as gevolg van sy vriendelike daad, en daarna vir haarself gelag oor haar gehuilery. Dié onverwagse goeie daad het haar aan die hart…

Die Groot Crescendo

My ouers het ’n liefde vir musiek by my gekweek – van country tot klassiek. My hart het dus gebons toe ek by die Moskou Konservatorium – een van Rusland se beroemde musieksale – instap en die Moskou Nasionale Simfonie hoor speel. Terwyl die dirigent die musikante deur ’n meesterlike stuk van Tchaikovsky begelei het, het temas ontwikkel wat geleidelik…

Waar Vind Ons Vrede?

“Hoop jy steeds op vrede?” het ’n joernalis in 1984 vir Bob Dylan gevra.

“Daar gaan geen vrede wees nie,” het hy geantwoord. Hoewel sy antwoord kritiek uitgelok het, kan ons nie ontken dat vrede ons bly ontwyk nie.

Byna 600 jaar voor Christus het die meeste profete vrede voorspel. Nie God se profeet nie! Jeremia het die mense herinner…

Onmoontlik Om Vas Te Hou

Terwyl Caitlyn saam met vriende in die Golf van Mexiko geswem het, het ’n haai haar aangeval. Sy het die haai op die neus geslaan, waarna die roofdier haar laat los en weggeswem het. Hoewel sy heelwat wonde gehad het – dit het meer as 100 steke vereis – kon die haai Caitlyn nie in sy greep gevange hou nie.…

Om die Pad Te Kies

Ek het ’n pragtige foto van ’n jong man wat in die herfsgekleurde Coloradoberge op ’n perd sit en oorweeg watter een van die paaie voor hom hy sal inslaan. Dit herinner my aan die gedig van Robert Frost: “The road not taken.” Daarin peins Frost oor twee uitgange voor hom. Albei lyk ewe aanloklik, maar hy twyfel of hy…

’n Skat In ’n Pampoen

As ’n jong ma was ek vasbeslote om rekord te hou van die eerste jaar van my dogter se lewe. Ek het elke maand foto’s geneem om te wys hoe sy verander en gegroei het. In een van my gunstelingfoto’s sit sy in ’n uitgeholde pampoen wat ek by ’n boer gekoop het. Daar sit sy toe – die vreugde…