Volgens oorlewering was Qu Yuan ’n wyse en patriotiese staatsamptenaar wat gedurende die tyd wat as die Strydende State (475–246 v.C.) bekend was, gelewe het. Daar word vertel dat hy keer op keer sy koning gewaarsku het oor ’n onafwendbare inval wat die land sou vernietig, maar die koning het nie na sy raad geluister nie. Qu Yuan is op die ou end verban, en toe hy hoor dat sy geliefde land verower is, het hy ’n einde aan sy lewe gemaak.

Qu Yuan se lewe verbeeld aspekte van dié van die profeet Jeremia. Ook hy het konings gedien wat sy waarskuwings verwerp het en die land daarna geplunder is. Qu Yuan het egter aan wanhoop toegegee terwyl Jeremia ware hoop gevind het. Waaraan kan die verskil toegeskryf word?

Jeremia het die Here wat ware hoop bied, geken. “Daar is ’n toekoms vir jou nageslag, sê die Here, jou kinders sal na hulle besitting toe terugkom” (Jeremia 31:17). Hoewel Jerusalem in 586 n.C. verwoes is, is dit later herbou, “binne twee en vyftig dae” (Nehemia 6:15).

Almal van ons beland die een of ander tyd in situasies wat ons kan laat wanhoop. Dalk vanweë negatiewe mediese diagnoses, ’n skielike afdanking by die werk, ’n gebroke familie. Maar wanneer die lewe ons platslaan, kan ons steeds opkyk – want God is op die troon! Hy hou ons lewe in Sy hande, en Hy hou ons styf teen Sy hart.