Month: Junie 2018

Gulle Verwelkoming

“Wie sal nou vir almal ’n drukkie gee?”

Dit was een van die vrae wat my vriend, Steve, gehad het na hy met kanker gediagnoseer is, en hy besef het hy sal ’n rukkie nie by ons kerk kan wees nie. Steve is die soort mens wat almal welkom laat voel – met ’n vriendelike groet, ’n warm handdruk, en…

Die Volmaakte Vader

Ek staan in die gang en sukkel om die regte Vadersdagkaartjie te kry. Hoewel ons versoen het na jare van ongemak, was ek nooit na aan my pa nie.

Die vrou langs my druk die kaartjie wat sy gelees het terug in die rak. “Hoekom kan hulle nie kaartjies maak vir mense wat nie ’n goeie verhouding met hulle pa…

Gesigte

Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. 2 Korintiërs 3:18

Toe my kleindogter Sarah baie jonk was, het sy aan my verduidelik wat gebeur as mens doodgaan: “Net…

In Der Waarheid

Ek was by ’n troue waar twee mense uit verskillende lande getroud is. Hierdie seremonie het Christelike tradisies gehad, gemeng met rituele van ’n geloof wat verskeie gode aanbid het.

Sefanja het prontuit die vermenging van ander gelowe met geloof in die een ware God (sinkretisme), verdoem. Juda het in aanbidding gebuig voor die ware God, maar ook staatgemaak op…

Sy Aan Sy

In antieke tye het ’n stad se gebreekte mure ’n verslane nasie aangedui, blootgestel aan gevaar en vernedering. Daaroor het die Jode die mure van Jerusalem herbou. Hoe? Deur sy aan sy te werk, ’n uitdrukking wat eweneens Nehemia 3 kan beskryf.

Met die eerste blik, kan hoofstuk 3 voorkom as ’n vervelige relaas van wie wat gedoen het. Nadere…

Open House Winter-Sale

Durban and surrounding areas, Our Daily Bread Ministries is inviting you to our open house event. Taking place at 22 Buckleigh place Umgeni park, Durban 4051. 10% off on all products.

For more  information contact the office on 031 563 6322

Hope to see you there!

’n Blinde Man Se Bede

’n Paar jaar gelede het ’n reisgenoot opgemerk dat ek sukkel  om ver te sien. Wat hy toe gedoen het, was eenvoudig , maar lewensveranderend. Hy het sy bril afgehaal en gesê: “Probeer dit.” Toe ek sy bril opsit, het my dowwe visie wonderbaarlik opgeklaar. Ek het ’n oogkundige gaan sien wat ’n bril voorgeskryf het, om my probleem reg…

Maak Oop My Oë

Die eerste keer wat ek by die asemrowende Chora Kerk in Istanbul was, kon ek van die Bybelstories uit die Bisantynse muurskilderye en mosaïeke eien. Maar ek het baie gemis. Die tweede keer het ek egter ’n gids gehad. Hy het al die detail wat ek die vorige keer gemis het, uitgewys, en skielik het alles sin gemaak! Soos dat…

Horlosies en Almanakke

My pa is oorlede op 58-jarige ouderdom. Van toe af, staan ek bietjie stil op die datum van sy afsterwe om hom te onthou en te peins oor sy invloed op my lewe. Toe ek besef ek het meer geleef sonder my pa as met hom, het ek begin besin oor die kortstondigheid van my lewe.

Met nabetragting, kan ons stoei met…

Die “Kouende” Jare

My vrou het onlangs vir my ’n klein Labrador-hondjie gegee, wat ons Max genoem het. Een dag terwyl Max by my was, het ek by my lessenaar gewerk en ek hoor skielik papier skeur agter my. Ek het omgedraai en ’n baie skuldige klein hondjie gesien met ’n oop boek en ’n bladsy wat uit sy mond hang.

Ons veearts…