Ek staan in die gang en sukkel om die regte Vadersdagkaartjie te kry. Hoewel ons versoen het na jare van ongemak, was ek nooit na aan my pa nie.

Die vrou langs my druk die kaartjie wat sy gelees het terug in die rak. “Hoekom kan hulle nie kaartjies maak vir mense wat nie ’n goeie verhouding met hulle pa het nie, maar wat probeer om die regte ding te doen?”

Sy het uitgestorm, toe bid ek maar vir haar. Ek het God gedank dat net Hy die perfekte Vader is en Hom gevra om my verhouding met my pa te versterk.

Ek wens ook vir ’n dieper intimiteit met my hemelse Vader. Ek wil ook Dawid se vertroue in God se voortdurende teenwoordigheid, mag en beskerming hê. (Psalm 27:1 –6).

Toe Dawid uitgeroep het vir hulp, het hy op God se antwoord gewag (vv. 7–9). Hoewel aardse ouers hulle kinders kan verwerp, prysgee of verwaarloos, verklaar Dawid God se onvoorwaardelike aanvaarding (vs. 10). Hy het met sekerheid in die Here se goedheid gelewe (vv. 11-13). Soos die meeste van ons, het Dawid soms gesukkel, maar die Heilige Gees het hom help deurdruk in vertroue en afhanklikheid van die Here (vs. 14).

Ons sal moeilike verhoudings in hierdie lewe ervaar. Maar al faal mense ons, skiet tekort of maak ons seer, word ons steeds ten volle liefgehê en beskerm deur die enigste Volmaakte Vader.