Ek was by ’n troue waar twee mense uit verskillende lande getroud is. Hierdie seremonie het Christelike tradisies gehad, gemeng met rituele van ’n geloof wat verskeie gode aanbid het.

Sefanja het prontuit die vermenging van ander gelowe met geloof in die een ware God (sinkretisme), verdoem. Juda het in aanbidding gebuig voor die ware God, maar ook staatgemaak op Milkom (Sefanja 1:5). Sefanja beskryf hulle lewe in die heidendom (vs. 8) en waarsku dat God die mense van Juda sal verdryf uit hulle vaderland.

God het egter nie Sy volk minder liefgehad nie. Hy wou hulle wys dat hulle nodig het om na Hom te draai. Sefanja het Juda aangemoedig om te “Streef na geregtigheid, na nederigheid!” (2:3). Toe gee die Here tere woorde wat toekomstige herstel belowe: “Wanneer die tyd daar is, laat Ek julle kom, maak Ek julle bymekaar …” (3:20).

Dit is maklik om sinkretisme te veroordeel, soos die troue waar ek was. Maar in werklikheid, vermeng ons maar almal God se waarheid met die veronderstellings van ons kultuur. Ons het die Heilige Gees se leiding nodig om ons volksgelowe te toets teen die Woord en dan met vertroue en vol liefde te staan vir daardie waarheid. Ons Vader omhels elkeen wat Hom in die Gees en in die waarheid aanbid. (Sien Johannes 4:23-24).