Die eerste keer wat ek by die asemrowende Chora Kerk in Istanbul was, kon ek van die Bybelstories uit die Bisantynse muurskilderye en mosaïeke eien. Maar ek het baie gemis. Die tweede keer het ek egter ’n gids gehad. Hy het al die detail wat ek die vorige keer gemis het, uitgewys, en skielik het alles sin gemaak! Soos dat die eerste gang, die lewe van Jesus, volgens Lukas, uitgebeeld het.

Soms wanneer ons die Bybel lees, verstaan ons die stories, maar wat van die aansluitings – daardie detail wat die Skrif in een volmaakte storie verweef? Ons het wel Bybelse kommentaar en studiegidse, maar ons het ook ’n gids nodig – iemand om ons oë oop te maak om die wonders van God se geskrewe woord te sien. Ons gids is die Heilige Gees wat ons “alles leer” (Johannes 14:26). Paulus skryf dat Hy verduidelik “… nie met geleerde woorde wat die menslike wysheid ons leer nie, maar met woorde wat die Gees ons leer” (1 Kor 2:13).

Hoe wonderlik dat die Skrywer van die Boek ons die wonders daarvan kan wys! God het nie net vir ons Sy geskrewe Woord en Sy openbaring gegee nie, maar Hy help ons ook om dit te verstaan en daarvan te leer. Laat ons dus  saam met die psalmdigter bid: “Maak my oë oop dat ek die kragtige werking van u wet ervaar” (Psalm 119:18).