’n Paar jaar gelede het ’n reisgenoot opgemerk dat ek sukkel  om ver te sien. Wat hy toe gedoen het, was eenvoudig , maar lewensveranderend. Hy het sy bril afgehaal en gesê: “Probeer dit.” Toe ek sy bril opsit, het my dowwe visie wonderbaarlik opgeklaar. Ek het ’n oogkundige gaan sien wat ’n bril voorgeskryf het, om my probleem reg te stel.

In Lukas 18, vertel hy van ’n blinde man, en sy lewe in totale duisternis wat hom gedwing het om te bedel. Nuus van Jesus, die gewilde leermeester en wonderwerker, het by die bedelaar uitgekom. Toe Jesus gaan na waar die blinde man gesit het, het hoop in sy hart opgevlam. “Jesus, Seun van Dawid, ontferm U oor my!” (Lukas 18:38) het hy uitgeroep. Hoewel hy fisies blind was, het die man geestelike insig gehad in Jesus se ware identiteit, en geloof in Hom om sy behoefte te vervul. Hy het al harder geroep, “Seun van Dawid, ontferm U oor my!” (vs. 39). Die gevolg? Sy blindheid was verdryf, en het van bedel na lofprysing gegaan vir God, omdat hy kon sien (vs. 43).

In oomblikke of seisoene van duisternis, waarheen draai jy? Waarna of na wie roep jy? ’n Voorskrif vir ’n bril help om visie te verbeter, maar dit is die barmhartige aanraking van Jesus, God se Seun, wat mens van geestelike duisternis na die lig bring.