In antieke tye het ’n stad se gebreekte mure ’n verslane nasie aangedui, blootgestel aan gevaar en vernedering. Daaroor het die Jode die mure van Jerusalem herbou. Hoe? Deur sy aan sy te werk, ’n uitdrukking wat eweneens Nehemia 3 kan beskryf.

Met die eerste blik, kan hoofstuk 3 voorkom as ’n vervelige relaas van wie wat gedoen het. Nadere ondersoek wys egter hoe mense saamgewerk het. Priesters het langs leiers gewerk. Parfuum-makers het gehelp, sowel as goudsmede. Daar was diegene wat in nabygeleë dorpe gewoon het, wat kom help het. Ander het herstelwerk oorkant hulle huise gedoen. Sallum se dogters het saam met die mans gewerk (3:12), en sommige mense het twee gedeeltes herstel, soos die manne van Tekoa (vv. 5, 27).

Twee goed is duidelik uit hierdie hoofstuk. Eerstens, hulle het saamgewerk vir ’n gemeenskaplike doel. Tweedens, almal is geprys oor hulle deel in die werk, nie vir hoe baie of hoe min hulle gedoen het nie.

Vandag sien ons beskadigde gesinne en ’n gebroke samelewing. Jesus het gekom om die koninkryk van God te bou deur die hervorming van lewens. Ons kan help om ons buurt te herbou deur te wys dat daar hoop en ’n nuwe lewe in Jesus is. Almal het iets om te doen. Laat ons dus sy aan sy werk, om ’n gemeenskap van liefde te bou, waar mense Jesus kan vind.