“Wie sal nou vir almal ’n drukkie gee?”

Dit was een van die vrae wat my vriend, Steve, gehad het na hy met kanker gediagnoseer is, en hy besef het hy sal ’n rukkie nie by ons kerk kan wees nie. Steve is die soort mens wat almal welkom laat voel – met ’n vriendelike groet, ’n warm handdruk, en selfs ’n “heilige drukkie” vir sommige – om die toepassing van Romeine 16:16 “Groet mekaar met ’n soen van Christelike broederskap” prakties uit te voer.

En nou, terwyl ons bid dat God hom sal genees, is Steve besorg dat -terwyl hy vir ’n tyd lank nie by ons kerk kan wees nie – ons die verwelkomende drukkies gaan misloop.

Miskien is ons nie almal uitgeknip om mekaar so openlik te groet as Steve nie, maar sy voorbeeld om vir mense om te gee, is vir ons ’n goeie herinnering daaraan. Let op dat Petrus sê ons moet “gasvry {wees} teenoor mekaar sonder om te kla” (1 Petrus 4:9; sien Filippense 2:14). Terwyl eerste-eeuse gasvryheid, verblyf vir reisigers ingesluit het – het selfs dit met ’n hartlike verwelkoming gepaardgegaan.

As ons ander in liefde aanraak, al is dit net met ’n drukkie of ’n vriendelike glimlag, doen ons dit, omdat ons “God in alles verheerlik deur Jesus Christus” (1 Petrus 4:11).