Month: Februarie 2018

Die Probleem Met Trots

Mense wat in hulle leeftyd ’n buitengewone vlak van belangrikheid of reputasie behaal, word dikwels ’n “legende in hul eie tyd” genoem. ’n Goeie vriend en professionele bofbalspeler sê egter dat hy al baie sportmanne en -vroue ontmoet het wat slegs ’n “legende in hulle eie oë” was. Hoogmoed en trots is soms geneig om die beeld wat ons van  onsself sien en vorm,…

’n Kombers Vir Elkeen

“Linus” was ’n baie belangrike figuur in die “Peanuts” strokiesprente. Hy was begeesterd en slim maar tog onseker van homself. Daarom het hy altyd ’n “veiligheidskombers” saam met hom gedra. Ons kan nogal met hom identifiseer, want ons ken ook angs en onsekerheid.

Die dissipel Petrus het ook iets van angs geken. Met Jesus se arrestasie het Petrus dapperheid aan die…

Lofprysing Deur Probleme

“Dit is kanker.” Ek wou sterk wees toe my Ma dit vir my sê. Tog het ek in trane uitgebars. Dit is woorde wat jy nooit wil hoor nie. Dit was my Ma se derde rondte met kanker. Nou moes sy ook hoor dat ’n kwaadaardige gewas onder haar arm verskyn het.

Alhoewel my Ma die een was met die slegte nuus, was…

Luister Na Sy Stem

Ek is hardhorend. “Doof in die een oor en kan nie met die ander oor hoor nie”, soos my pa altyd gesê het. Daarom dra ek ’n gehoorstuk. Die toestelletjie werk oor die algemeen baie goed. Bevind ek my egter in ’n omgewing met baie steurnis en geraas is dit ’n heel ander storie. Dan vang my gehoorstuk elke geluid…

Dit Is Wonderlik!

In ons natuurlike toestand kort ons almal ‘dit’ (Rom. 3:23).

Jesus het die heerlikheid van ‘dit’ uitgestraal (Heb. 1:3) en hulle wat Hom geken het, het ‘dit’ gesien (Joh. 1:14).

In die Ou Testament het ‘dit’ die tabernakel gevul (Eks. 40:34-35) en die Israeliete was deur ‘dit’ gelei.

Lukas sê dit het om die skaapwagters geskyn (Luk 2:9).

Verder word…

Om ’n Lewe Te verander

Ons lewens kan soms in ’n oogwink verander word deur ’n positiewe indruk wat ’n ander op ons laat. Dit is wat in die lewe van die poplegende Bruce Springsteen gebeur het, toe die werke van musikante hom deur sy moeilike kinderjare, gekenmerk deur tye van depressie, gedra het. Vir hom het veral die uitdrukking “Jy kan ’n persoon se lewe binne…

Gryp Die Geleentheid

Soos die meeste mense sukkel ek ook om genoeg oefening te kry.  Toe kry ek iets wat my kan motiveer. ’n Pedometer wat my treë tel. Alhoewel dit maar ’n eenvoudige apparaat is, is dit tog verbasend hoeveel die pedometer my motiveer het. Pleks van kla as ek van die rusbank moet opstaan, sien ek nou selfs geringe takies, soos om…

Nasionale Skat

Italië se regering en kunsgallery-amptenare het heftig beswaar gemaak toe ’n adverteerder ’n foto van Michelangelo se bekende beeldhouwerk van Dawid verander het. Op die foto het Dawid met ’n geweer, in plaas van ’n slingervel, oor sy skouer gestaan.

In die eerste-eeuse Jerusalem is Dawid as die skaapwagter-liedjieskrywer en soldaat-koning van Israel onthou. Daarbenewens was hy ook die volk se grootste toekomshoop.…