In ons natuurlike toestand kort ons almal ‘dit’ (Rom. 3:23).

Jesus het die heerlikheid van ‘dit’ uitgestraal (Heb. 1:3) en hulle wat Hom geken het, het ‘dit’ gesien (Joh. 1:14).

In die Ou Testament het ‘dit’ die tabernakel gevul (Eks. 40:34-35) en die Israeliete was deur ‘dit’ gelei.

Lukas sê dit het om die skaapwagters geskyn (Luk 2:9).

Verder word ons belowe dat in die eindtyd die hemel met die glans van ‘dit’ so helder sal skyn, dat daar geen nut vir die son en die maan sal wees nie (Op. 21:23).

Waarna verwys ‘dit’ in die voorvermelde Bybelverwysings? ‘Dit’ is die glorie en heerlikheid van God. En Hy is wonderlik!

Die Bybel vestig ons aandag daarop dat ons skrams blikke van God se manjefieke glorie kan sien en geniet terwyl ons die aarde bewoon. God se glorie word beskryf as die eksterne vertoon van Sy wese. Omdat ons God nie kan sien nie, gee Hy aan ons duidelike prentjies van Sy teenwoordigheid, asook van Sy almag in dinge soos die grootsheid van die heelal, die wonder van ons verlossing en die teenwoordigheid van die Heilige Gees in ons lewens.

Soek vandag God se glorie en ontdek die bewyse van Sy grootheid. Jy sal dit in die skoonheid van die natuur, in ’n kind se lag en in die liefde van ander vind. God vul nog steeds die aarde met Sy glorie en Sy heerlikheid.