“Linus” was ’n baie belangrike figuur in die “Peanuts” strokiesprente. Hy was begeesterd en slim maar tog onseker van homself. Daarom het hy altyd ’n “veiligheidskombers” saam met hom gedra. Ons kan nogal met hom identifiseer, want ons ken ook angs en onsekerheid.

Die dissipel Petrus het ook iets van angs geken. Met Jesus se arrestasie het Petrus dapperheid aan die dag gelê toe hy Jesus en die optog tot in die voorhof van die hoëpriester gevolg het. Maar toe begin hy sy vrees wys en ontken hy sy verbintenis met sy Here. Maar Jesus het nooit opgehou om Petrus lief te hê nie en Hy het hom uiteindelik weer in ere herstel (Joh. 21:15-19).

Petrus het opregte liefde geken. In Pet 4:8 beklemtoon hy die belangrikheid van liefde met die woorde “bo alles”. Dan volg die intensiteit van die vers met die aanmoediging “julle moet mekaar hartlik liefhê, want die liefde bedek baie sondes.”

Het jy al ooit daardie soort “kombers” nodig gehad? Ek het! Veral as skuld en skaamte my aankla, nadat ek iets verkeerds gesê of gedoen het en Jesus se bedekking van my optrede nodig het.

Vir die volgelinge van Jesus is liefde ’n kombers wat genadiglik en moedig aan ander vir vertroosting en terugwinning weggegee moet word. As ontvangers van sulke groot liefde, laat ons ook die gewers daarvan wees.