Month: Februarie 2018

Moed Om Getrou Te Wees

Hadasah,’n jong Joodse meisie wat ’n denkbeeldige karakter in een van Francine Rivers se boeke ‘A Voice in the Wind’ voorstel, leef gedurig in vrees. Nadat sy as slaaf in ’n Romeinse huishouding aangestel word, vrees sy vervolging weens haar geloof in Christus. Sy weet dat baie Christene al verag is en selfs vir die leeus gegooi is. Sal sy die moed…

Vlug Na Krag

“Keerslag 4”  (“Parry Four”).

Toe ek met skermoefeninge begin het, moes ek baie mooi na my afrigter luister as hy die korrekte skermposisie vir sy volgende beweging uitroep. Ek moes dus reg wees om te verdedig wanneer hy sy wapen voor hom uitsteek en vorentoe beur om my aan te val.

Hierdie aktiewe luister het my aan die Skrif se oproep tot besliste gehoorsaamheid…

Om Almal Lief Te Hê

Ek aanbid tans in ’n kerk wat op ’n groot oop terrein op die eiland van Singapore geleë is. ’n Tyd gelede het mense van oorsee wat in ons land werksaam is, begin om elke Sondag op die kerkgronde vir ’n piekniek bymekaar te kom.

Dit het ’n wye reaksie van die kerkgangers uitgelok en baie het gekla oor die rommel wat die…

Om Te Volg Waar Hy Lei

As kind het ek altyd uitgesien na ons kerk se opwindende Sondagaand-dienste, omdat daar dan dikwels sendelinge en ander gassprekers opgetree het. Hulle boodskappe het my baie geïnspireer omdat dit altyd getuig het van hulle bereidwilligheid om vriende, familie, aardse besittings en selfs loopbane op te offer om God in vreemde, onbekende en soms gevaarlike plekke te gaan dien.

Soos hierdie sendelinge…

Die Voorbereidingspan

My vriendin het onlangs besluit om na ’n stad meer as 1000 km van haar tuisdorp te verhuis. Hulle het min tyd gehad om op te pak en het besluit dat haar gade vooruit sou gaan om nuwe verblyf te reël, terwyl sy die pakwerk behartig het. Ek was verstom oor haar vermoë om as’t ware blindelings te kon oppak, sonder…

’n Seëninge Bak

Ek was op my rekenaar besig toe ek opmerk dat ek ’n e-pos ontvang het. Gewoonlik probeer ek die versoeking weerstaan om elke inkomende e-pos oop te maak, maar hierdie keer was die aangeduide onderwerp te aanloklik: “Jy is ’n seën”.

Gretig het ek die e-pos oopgemaak en ontdek dat dit ’n verafgeleë vriendin was, wat my meegedeel het dat sy vir…

Vertrou My

Nadat ek as jongman my Kollege-opleiding voltooi het, het ek maar ’n karige salaris verdien. Geld was skaars en ek het soms nie eers geld vir ’n volgende maaltyd gehad nie. Maar ek het geleer om op God te vertrou vir my daaglikse voorsiening.

Dit het my aan die profeet Elia se ondervinding herinner. Hy het tydens sy profetiese bediening geleer om God vir…

Foutlyne

Ons kerklidmate moes onlangs die uitdagings wat met die ontvangs en verwelkoming van nuwe lidmate uit ander kulture gepaard gaan, die hoof bied. Die aanpassings ten opsigte van kultuur en taal het ongemaklike situasies meegebring.

Misverstande en verskille kom oral voor waar daar mense is. Die kerk is geen uitsondering nie. As ons ons verskille nie op ’n gesonde wyse…

Oral en Nêrens

’n Vriendin wat, net soos ons, ’n tiener dogter in ’n motorongeluk verloor het, het ’n huldeblyk aan haar dogter, Lindsay, in die plaaslike koerant geplaas. Een van die hartroerendste beelde in haar essay het so gelees: “Nadat sy melding gemaak het van die baie foto’s en aandenkings van haar dogter wat sy in die huis geplaas het, het sy geskryf: ‘Sy is…

Onwaarskynlike Vriende

Mens sien dikwels videos van onwaarskynlike diere-vriendskappe op die Internet. So is daar byvoorbeeld die videos van ’n vark en ’n klein hondjie, ’n takbok en ’n kat, ’n orangoetang met tierwelpies.

Sulke ongewone vriendskappe herinner my aan die Tuin van Eden waarin Adam en Eva in harmonie met mekaar, die natuur en met God geleef het. Maar toe word hierdie…