Ek was op my rekenaar besig toe ek opmerk dat ek ’n e-pos ontvang het. Gewoonlik probeer ek die versoeking weerstaan om elke inkomende e-pos oop te maak, maar hierdie keer was die aangeduide onderwerp te aanloklik: “Jy is ’n seën”.

Gretig het ek die e-pos oopgemaak en ontdek dat dit ’n verafgeleë vriendin was, wat my meegedeel het dat sy vir ons gesin bid. Sy plaas blykbaar elke week ’n foto van ’n gesin in ’n “Seëninge Bak” op haar kombuistafel en bid dan vir daardie gesin. In haar e-pos het sy geskryf dat sy God dank “elke keer as ek aan julle dink” (Fil 1:3).

My vriendin se doelbewuste gebaar het my aan die woorde van Paulus herinner en my hart net so warm laat klop soos ek glo die harte van die eerste lesers van sy brief, die Fillipense, geklop het. Dit blyk dat dit by Paulus die gewoonte was om altyd sy waardering teenoor sy medewerkers uit te spreek. So begin menige van sy briewe met die woorde “ek dank my God deur Jesus Christus oor julle almal, want in die hele wêreld praat die mense oor julle geloof” (Rom 1:8).

In die eerste eeu het Paulus sy medewerkers altyd met biddende danksegging geseën. In die een-en-twintigste eeu het my vriendin ’n “Seëninge Bak” gebruik om vreugde aan my dag te gee. Hoe dankbaar is ons teenoor hulle wat vandag saam met ons in God se diens staan!