Maand: November 2017

Duidelike Misnoeë

’n Stokoue kersieboom wat in ons tuin staan, het begin wegkwyn. ’n Boomkundige se bevinding was dat die boom onder druk was en dadelik aandag nodig het. My vrou, Carolyn, het op daardie stadium ’n baie moeilike week beleef en het vies haar misnoeë laat blyk.

Inderdaad, ons almal beleef soms moeilike weke, gevul met kommer oor allerlei (soms onnodige) dinge. Maar Jesus…

Aanskoulike Meesterstukke

My pa maak op bestelling uniek-ontwerpte pylekokers, waarin boogskutters hulle pyle hou. Natuurlewe-tonele word ook op die sagte leer uitgedruk voordat die koker finaal aanmekaar gestik word.

Tydens ’n besoek het ek hom eenkeer dopgehou en my verkyk hoe hy baie versigtig ’n skerp lem op die sagte leer vasdruk en rondbeweeg om die verskillende tonele te voorskyn te bring.…

Wegkruip en Soek

“Jy kan my nie sien nie!”

Wanneer kinders wegkruipertjie speel glo hulle soms dat hulle wegkruip deur net hulle oë te bedek. Hulle glo as hulle jou nie kan sien nie, jy hulle ook nie kan sien nie.

Hoe naief en eenvoudig dit ookal mag klink, doen ons soms iets soortgelyks met God en is ons dan geneig om God uit te sluit…

Dien En Word Bedien

Baie mense het vir Marilyn tydens haar lang siekbed ondersteun en bemoedig. Sy het gewonder hoe sy hulle goedhartigheid kan vergoed. Maar toe kom sy op die woorde van ’n geskrewe gebed af: “Bid dat ander ’n nederigheid sal ervaar wat hulle sal toelaat om nie net te dien nie, maar ook om bedien te word.” Marilyn het besef dat sy net…

In Sy Teenwoordigheid

Voordat die sewentiende-eeuse monnik, Broer Lawrence, met sy dagtaak as kok begin het, het hy altyd eers gebid en gevra dat God hom sal help om genadiglik in Sy teenwoordigheid te bly; om hom met sy dagtaak te help; en om besit te neem van sy bekwaamhede. Soos wat hy dan gewerk het, het hy voortdurend met God gepraat terwyl…

Hoeveel Meer!

Oswald Chambers het in Oktober 1915 tydens die Eerste Wêreldoorlog by Zeitoun, ’n militêre opleidingssentrum naby Kaïro in Egipte gearriveer. Dit was sy taak om as kapelaan Britse Statebond-soldate te dien. Daar het hy een weeksaand ’n diens gereël en 400 man het die groot saal volgepak om na sy boodskap oor wat die waarde van gebed is, te luister.…

Groot Liefde

Ons twee-en-twintig maande oue kleindogter, Moriah, het onlangs vir die eerste keer alleen sonder haar twee twee ouer boeties by ons oornag. Ons het haar met baie liefde en aandag oorlaai en baie pret gehad om haar te vermaak. Toe ons haar die volgende oggend by haar huis aflaai en wou groet, het sy dood luiters weer haar oornagtas, wat…

Vermenigvuldigde Goedhartigheid

Cheryl was baie verras toe sy haar volgende pizza-aflewering moes doen. In plaas van ’n huis-aflewering, bevind sy haar buite ’n kerkgebou. Verbaas het sy maar die pizza na binne geneem waar sy toe deur die pastoor ontmoet is.

Die pastoor het opgemerk dat dit lyk of die lewe haar maar stief behandel het. Cheryl moes saamstem. Hy haal toe twee…

Wat Is Die Beste Geskenk?

My man het onlangs ’n mylpaal-verjaardag gevier, die soort lewensjaar wat met ’n nul eindig. Ek het baie nagedink oor die beste manier waarop ons hom kon eer en bederf. Ons kinders moes ook help met die besluit want dit moes nie net die belangrikheid van die volgende dekade reflekteer nie, maar ook hoe kosbaar hy vir ons gesin is.…

Die Goeie Aarde

Die Apollo 8 ruimtevaarder Bill Anders en sy bemanning, was maar baie teleurgesteld toe hulle die maanlandskap in 1968 sien en het dit as spookagtig, bar en onaantreklik beskryf. Maar toe maak die manne beurte om Genesis 1:1-10 voor te lees terwyl die wêreld toekyk. Nadat kommandeur Frank Borman vers 10 “En God het gesien dit is goed” gelees het,…