“Jy kan my nie sien nie!”

Wanneer kinders wegkruipertjie speel glo hulle soms dat hulle wegkruip deur net hulle oë te bedek. Hulle glo as hulle jou nie kan sien nie, jy hulle ook nie kan sien nie.

Hoe naief en eenvoudig dit ookal mag klink, doen ons soms iets soortgelyks met God en is ons dan geneig om God uit te sluit as ons iets verkeerds wil doen.

Die profeet Esegiël het hierdie waarheid in ’n visioen ontdek wat God aan hom gegee het, vir sy mense. Die Israeliete was toe in ballingskap in Babilon. God het vir hom gesê: “Sien jy wat doen die leiers van Israel in die donker…..Hulle dink : Die Here sien ons nie, Hy is nie meer in die land nie” (Eseg. 8:12).

Maar God sien alles raak. Esegiël se visioen was ’n bewys daarvan. Tog, alhoewel hulle gesondig het, het God sy berouvolle kinders weer nuwe hoop gegee: “Ek sal julle ’n nuwe hart en ’n nuwe gees gee” (36:26).

Vir ons het God die gebrokenheid en opstandigheid wat die sonde meebring uit genade by die kruis uitgewis, deur die uiterste prys daarvoor te betaal. Deur Jesus Christus bied God aan ons ’n nuwe begin en ’n nuwe rein hart. Hoe goed is God nie! Terwyl ons verlore was en in ons sondigheid weggekruip het, het God tot ons genader. Dit het Hy deur Jesus gedoen. “Hy het gekom om te soek en te red die wat verlore is” (Luk.19:10; Rom 5:8).