’n Stokoue kersieboom wat in ons tuin staan, het begin wegkwyn. ’n Boomkundige se bevinding was dat die boom onder druk was en dadelik aandag nodig het. My vrou, Carolyn, het op daardie stadium ’n baie moeilike week beleef en het vies haar misnoeë laat blyk.

Inderdaad, ons almal beleef soms moeilike weke, gevul met kommer oor allerlei (soms onnodige) dinge. Maar Jesus gee vir ons die versekering dat, ongeag moeilike omstandighede, ons tog vrede kan hê: “My vrede gee ek vir julle” (Joh. 14:27).

Jesus se dae was vol angstigheid en wanorde. Hy was gedurig omring deur vyandige omstandighede en misverstaan deur familie en vriende. Hy het dikwels nie eers ’n plek gehad waar Hy kon slaap nie. Tog was daar nooit enige sprake van bekommernis by Hom nie. Hy het oor ’n innerlike vrede beskik, ’n stille rustigheid. Dit is dieselfde vrede wat Hy demonstreer het wat Hy aan ons gee – ’n vrede oor die verlede, hede en toekoms. Sy vrede.

Ons kan, ongeag ons omstandighede, te eniger tyd tot Jesus in gebed nader. Ons kan al ons bekommernisse en vrese vir Hom gee. Paulus verseker ons dat “die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan sal oor (ons) harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus” (Fil. 4:7). Ongeag hoe spanningsvol ons lewe mag wees, ons kan altyd Sy vrede ervaar.