Cheryl was baie verras toe sy haar volgende pizza-aflewering moes doen. In plaas van ’n huis-aflewering, bevind sy haar buite ’n kerkgebou. Verbaas het sy maar die pizza na binne geneem waar sy toe deur die pastoor ontmoet is.

Die pastoor het opgemerk dat dit lyk of die lewe haar maar stief behandel het. Cheryl moes saamstem. Hy haal toe twee gevulde kollekteborde uit en plaas die inhoud daarvan in Cheryl se afleweringsak – ’n fooitjie van ongeveer R9000. Cheryl het nie geweet dat die pastoor vooraf gereël het dat die armste werknemer die aflewering moes doen nie. Cheryl was oorbluf. Nou kon sy van haar rekenings betaal.

Toe die eerste Christene in Jerusalem armoede in die gesig staar, was dit ’n kerk wat tot hulle redding gekom het. Alhoewel die Masedoniese Christene self behoeftig was, het hulle uit hul armoede gegee en dit as ’n voorreg beskou (2 Kor. 8:1-4). Paulus het hulle goedhartigheid as voorbeeld aan die Kointiërs, en aan ons, voorgehou. Wanneer ons uit ons oorvloed in ander se nood voorsien, weerspieël ons Jesus. Hy het Sy rykdom opgeoffer om in ons geestelike armoede te voorsien (vs. 9).

Cheryl het daardie dag al haar kliënte van die kerk se goedhartigheid vertel en toe, deur die kerk se voorbeeld te volg, die res van haar fooitjies aan ander behoeftiges gegee.