Kategorie  |  Uncategorized

Die Lugtuin

’n Vriend het gereël dat ek en my vrou, Marlene, die Sky Garden in Londen besoek. Die Sky Garden, geleë op die boonste vloer van ’n 35-verdieping hoë -gebou in Londen se sakegebied, is ’n glas omhulde platform vol plante, bome en blomme. Die luggedeelte het ons aandag getrek. Ons het van ’n hoogte van meer as 152 meter na…

Jesus Steek Sy Hand Uit

Die lewe raak soms besig: moeilike klasse, uitputtende werk, die badkamer moet opgeruim word en ’n koffieafspraak voltooi die dag se skedule. Dit raak so erg dat ek my moet dwing om net ’n paar minute lank die Bybel te lees en myself te verseker dat ek volgende week meer tyd saam met God sal deurbring. Dit duur egter nie…

Hartshongerte

Terwyl ek saam met my man op pad was om takies af te handel, het ek deur die e-posse op my foon geblaai. Ek was verbaas oor ’n inkomende advertensie van ’n plaaslike oliebolkiosk aan die regterkant van die straat waarby ons so pas verbygery het. My maag het skielik van hongerte gerammel. Ek was verbaas hoedat tegnologie verkopers toelaat…

Die Here Praat

Die boek Job verstrek bykans elke argument rondom die vraag oor pyn in die wêreld, tog lyk dit nie of die stryery Job veel baat nie. Hy is eerder in ’n verhoudingskrisis gewikkel as in ’n geloofskrisis. Kan hy God vertrou? Daar is iets wat Job bo alles begeer: die verskyning van die een Persoon wat sy miserabele lot kan…

Durf Die Snelstrome Aan

Die gids is saam met ons na die rivieroewer waar ons ons reddingsbaadjies moes aantrek en die roeispane vat. Met die inklimslag het hy ons sitplekke vir ons aangewys om sodoende die boot se gewig te balanseer sodat dit stabiel sou bly indien ons in snelstrome beland. Nadat hy ons vertel het van die ekstase wat ons watertog inhou, het…

Tyd As ’n Geskenk

Ek is met groot haas en spoed die poskantoor in. Daar was heelwat dinge op my doenlysie, maar tot my uiterste frustrasie sien ek die lang ry wat tot by die deur strek. “Maak gou en wag!” het ek onderlangs gemompel terwyl ek na my horlosie kyk.

My hand was nog op die deurhandvatsel toe ’n bejaarde persoon my nader.…

Hulp Van Bo

Die SOS-morsekode is in 1905 geskep omdat matrose op ’n manier uiterste nood moes aandui. Dié kode het in 1910 opspraak verwek toe die sinkende Steamship Kentucky dit gebruik het en al 46 mense aan boord gered is.

Hoewel die SOS ’n meer onlangse uitvindsel is, is die dringende hulpgeroep so oud soos die mensdom self. Ons hoor dit dikwels in…

Die Vrolike Man

Ek hou nie juis daarvan om inkopies te doen nie. Tog is dit so ’n alledaagse deel van die lewe – iets wat gedoen moet word.

Daar is egter een aspek van hierdie taak waarna ek onverwags begin uitsien het – die betaalpunt waar Fred aan diens is. Fred omskep die oplui-en-betaalproses in ’n vermaaklikheid. Hy’s blitsvinnig, glimlag breed en…

’n Moedige Treurlied

Die Clifton Heritage National Park in Nassau, Bahamas, herinner ’n mens aan ’n tragiese era in die geskiedenis. Waar land en see mekaar ontmoet, is kliptrappe teen ’n krans uitgelê. Slawe wat in die 18de eeu dikwels hul gesinne moes agterlaat en per skip na die Bahamas gebring is, is met hierdie trappe na bo, waar ’n toekoms van onmenslike…

’n Goeie Vader

Toe Xavier jonger was, was my man dikwels weg van die huis af. Hoewel hy dikwels gebel het, was daar kere dat dit nie ons seun getroos het nie. Om hom te kalmeer het ek dan fotoalbums uitgehaal terwyl hy sy nagklere aantrek. Met my voorvinger op die foto’s waar hulle saam iets gedoen het, sou ek vra: “Onthou jy…