’n Vriend het gereël dat ek en my vrou, Marlene, die Sky Garden in Londen besoek. Die Sky Garden, geleë op die boonste vloer van ’n 35-verdieping hoë -gebou in Londen se sakegebied, is ’n glas omhulde platform vol plante, bome en blomme. Die luggedeelte het ons aandag getrek. Ons het van ’n hoogte van meer as 152 meter na onder gekyk en die St. Paul’s Cathedral, die Tower of London en nog meer bewonder. Ons uitsig oor die hoofstad was asemrowend. Dit het ook ’n les oor perspektief tuisgebring.

God het volmaakte perspektief oor alles wat in ons lewe gebeur. Die psalmis skryf: “Hy het uit sy heilige woning na onder gekyk en uit die hemel gesien wat op die aarde gebeur, die gekerm van die gevangenes gehoor en dié wat naby die dood was, bevry” (Ps. 102:20-21).

Nes die mense van wie daar in Psalm 102 vertel word, is ons ook dikwels vasgevang in die hede en ons stryd, kermend van wanhoop. God sien egter ons lewens van die begin af tot die einde toe. Hy word nooit onkant gevang deur dinge wat ons kan verblind nie. Sy volmaakte perspektief sal uiteindelik op ’n verlossing uitloop wat selfs “dié wat naby die dood was, bevry” (vv. 21, 27–28).

In moeilike omstandighede kan ons onthou: Ons weet dalk nie wat op ons wag nie, maar ons Here weet. Ons kan elke oomblik wat voor ons uitstrek, aan Hom toevertrou.