Kategorie  |  Uncategorized

Nalatenskap Van Liefde

Terwyl ek eendag deur my oumagrootjie se Bybel blaai, het daar skielik ’n kosbare vonds op my skoot geval. Dit was ’n stukkie papier waarop daar in ’n bewerige kinderlike handskrif gestaan het: “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. Geseënd is dié wat treur, want hulle…

Die Regte Manier Om Te Bid

Ek bewonder mense wat gebedsversoeke aanteken, rekord hou van elke gebed en lofprysing en wat gereeld hulle rekords opdateer. Ek word geïnspireer deur mense wat byeenkom om saam te bid en wie se bedmatjies deur gereelde neerknielende gebed verslyt is. Ek het vir jare lank hierdie perfekte gebedstyl in my strewe na welsprekendheid probeer aanleer en daarna gestreef om, na…

Goed Vir Jou?

Omdat ek versot is op donker sjokolade het ek die vraag “Is donker sjokokade goed vir jou?” ge-Google. ’n Verskeidenheid antwoorde het gevolg – party goed, ander nie. Mens kan dieselfde ten opsigte van enige ander produk doen – is melk goed vir jou, is koffie goed vir jou, is rys goed vir jou – en ’n magdom antwoorde ontvang.…

Uiterste Tevredenheid

Terwyl ons tydens ’n Bybelskoolprogram verversings aan die kinders uitgedeel het, het ons opgemerk dat een seun sy verversings baie vinnig verslind. Daarna het hy dit wat deur ander agter gelaat is, ook opgeëet. Selfs nadat ons aan hom ’n sakkie springmielies gegee het, was hy nog nie tevrede nie.

Ek het daaraan gedink dat, as dit by emosies kom,…

Wat Is In ’n Naam

“Gip” Hardin, ’n Metodiste prediker, het sy seun na die beroemde prediker John Wesley, vernoem. Die seun het egter ’n totaal ander pad as sy naamgenoot gekies en was hy as een van die mees berugte wetsongehoorsames van die Amerikaanse Weste in die laat 1800’s beskou.

Name in die Bybel speel ’n baie belangrike rol. Toe ’n engel die geboorte…

Is Daar Wi-Fi

Terwyl ek vir ’n sendingreis saam met ’n aantal jongmense voorberei het, was die mees algemene vraag: “Is daar Wi-Fi?” Ek het hulle verseker dat daar wel sal wees. Kan jy jou die gekla en gekerm voorstel toe die Wi-Fi een aand nie beskikbaar was nie!

Baie van ons raak benoud as ons sonder ons smartphones is. Wanneer ons wel ons…

Hy Ken Ons Name

Tydens ’n besoek aan die National September 11 Memorial in New York was ek bevoorreg om ’n foto van een van die twee weerkaatsende poele, wat deel vorm van ’n gedenktuin wat op die perseel waarop die vernietigde Wêreld Handelsentrum gestaan het, aangebring is, te kon neem. Rondom hierdie poele is die name van die byna 3000 mense wat in…

Om Standvastig Te Wees

Dit was ’n koue, ysige wintersoggend. Ek kon net aan een ding dink: hoe om so gou moontlik die koue tussen my warm motor en die warm gebou te kruis. Toe ek my kom kry lê ek plat op die grond. Alhoewel daar niks gebreek was nie was ek in pyn. Die pyn sou met tyd vererger en dit sou…

Die Geur Van Christus

Bob was moeg, warm en stowwerig na ’n lang busreis. Hy was dankbaar dat hy na ’n maaltyd saam met vriende van vriende wat in die area gewoon het, kon uitsien. Hulle het hom in hulle huis verwelkom en hy kon onmiddellik ’n gevoel van vrede ervaar. Hy het tuis, gemaklik, veilig en gewaardeerd gevoel.

Bob het gewonder hoekom hy…

Wees Opreg Met God

Ek buig my hoof, sluit my oë, vleg my vingers en begin bid. My oë vlieg oop. Ek onthou skielik dat my seun se geskiedenisprojek wat die volgende dag ingehandig moes word, nog nie voltooi is nie. Dan onthou ek van sy basketbalwedstryd na skool en ek stel my voor dat hy seker tot middernag met sy skoolwerk sal besig…