Terwyl ek vir ’n sendingreis saam met ’n aantal jongmense voorberei het, was die mees algemene vraag: “Is daar Wi-Fi?” Ek het hulle verseker dat daar wel sal wees. Kan jy jou die gekla en gekerm voorstel toe die Wi-Fi een aand nie beskikbaar was nie!

Baie van ons raak benoud as ons sonder ons smartphones is. Wanneer ons wel ons iPhones of Androids by ons het, bly ons oë op die skerms vasgenael.

Soos baie ander dinge kan die internet met alles waartoe dit toegang verleen, óf ’n afleiding óf ’n seën wees. Dit hang net af wat ons daarmee maak. In Spreuke lees ons: “ ’n Verstandige mens is op soek na kennis; ’n dwaas voed homself met dwaasheid” (15:14).

Sou ons die wysheid van God se Woord op die lewe toepas, kan ons onsself afvra: Kontroleer ons gereeld ons netwerke? Wat sê dit omtrent goed waarvoor ons op die uitkyk is? Dit wat ons lees of sien, moedig dit ons aan tot ’n sinvolle lewe (vv. 16–21) of word ons deur dwaasheid – skinder, laster, materialisme of seksuele losbandigheid – gevoed?

Soos wat ons ons aan die werk van die Heilige Gees oorgee, kan ons ons gedagtes vul met dit wat “waar is, alles wat edel is ,alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is” (Filippense 4:8). Deur die wysheid wat God bied kan ons goeie keuses maak wat Hom eer.