kamer van veiligheid
In sommige huise het inwoners ’n veilige kamer gebou – ’n vertrek waar hulle skuiling kan vind in geval van inbrake en stormweer. In Spreuke 18 vers 10 herinner Salomo God se volk daaraan dat die Here vir hulle ’n “veilige vesting” is, die plek waar hulle skuiling kan vind in geval van gevaar. In Hom kan hulle volkome sekuriteit…
goed-gekose Woorde
As kind het ek ’n moeilike Engelse woord antidisestablishmentarianism aangeleer. Voorwaar ’n mondvol! Onlangs het ek die betekenis opgekyk. Die woordeboek sê dis die “politieke houding wat die terugtrekking van staatserkenning van ’n gevestigde kerk opponeer”. Nie ek of my skoolmaats het geweet wat dit beteken nie, maar deur die woord te gebruik het ek belangrik gevoel, soos iemand wat…
opgaar of help?
Gedurende Augustus 1914, toe Brittanje tot die Eerste Wêreldoorlog toegetree het, was Oswald Chambers 40 jaar oud met ’n vrou en ’n dogtertjie. Dit was nie lank nie of 30,000 mans per dag het by die leër aangesluit. Mense is gevra om hulle voertuie en perde aan die regering te verkoop en lyste van persone wat in die gevegte gesterf…
steeds aan die gang
As dit by entoesiasme en energie kom, kan niks of niemand die Diensvennote van RBC, die uitgewers van Ons Daaglikse Brood, oortref nie. RBC het ’n vrywillige program wat Service Partners genoem word, en dit bied persone die geleentheid om hulle tyd en bekwaamhede aan te bied en ons te help om ons roeping en taak te vervul, naamlik om,…
veilig verseker
Op die ingewing van die oomblik het ek ’n rooi ballon in ’n kruidenierswinkel gekoop. Op die ballon het die woorde Ek is lief vir jou in groot letters gepryk. Terwyl ek my inkopies in die motor gelaai het, het die toutjie van die ballon uit my hande gegly en ek moes toekyk hoe die ballon die lug in sweef.…
om namens God te praat
Ten spyte van my beste pogings om duidelik te skryf, word ek soms misverstaan. Ek voel sleg daaroor en probeer my bes om my vaardighede te verbeter. Nogtans gebeur dit soms dat lesers dit wat ek geskryf het uit konteks neem en iets daarin lees wat glad nie met die oorspronklike bedoeling ooreenstem nie. Dis baie frustrerend, want daar is…
maak dit bekend
My dokter is ’n ongelowige en eendag toe ek by hom was, het ek gesê hy behoort dankbaar te wees dat God ons geskep het. Hy het ’n spuitnaald in sy hand gehad en toe wonder ek. Moet ek nie miskien liewer stilbly nie. Maar ek vervolg toe: “Indien die ewolusieproses nog aan die gang is, sal jy mos nie…
’n helpende hand
Gedurende ’n wedren in 1930 is die jokkie, Johnny Longden, tussen twee perde vasgedruk. Perde het van agter af aangejaag gekom en Johnny het sywaarts van sy perd afgegly. ’n Ander jokkie, wat sy probleem opgemerk het, het desperaat probeer om Longden op sy perd terug te stoot. Ongelukkig het hy te hard gestoot en toe het Longden byna aan…
toeganklikheid
Michael St. Francis is ’n Franciskaanse broeder en hy dra altyd ’n bruin toga. Soms vra mense hom waarom hy dit dra. Hy verduidelik dan dat dit ’n habit genoem word en dat hy dit vir ’n spesifieke rede dra. Hy het aan joernaliste van die Hemispheres tydskrif gesê: “Ons het die keuse om dit te dra en baie van…
Waarom is daar kleur?
Waarom sal sommige bome se blare gedurende herfs allerhande pragtige kleure vertoon – rooi, oranje en geel? Gedurende die somer is die blare van bome groen omdat chlorofil, ’n groen pigment in die blare, rooi en blou lig van die son absorbeer. Die lig wat dan van die blare gereflekteer word, lyk vir ons oë asof dit groen is. Chlorofil…