Kategorie  |  Uncategorized

Die Wyse Mier

Elke jaar doen ek iets spesiaal wanneer lente aanbreek. Ek koop miergif. Daardie klein oortreders marsjeer voortdurend ons kombuis binne op soek na ’n krummel of iets anders wat op die vloer lê. Hulle is nie kieskeurig nie. Óf dit nou ’n stukkie artappel, ’n ryskorrel óf slegs ’n stukkie kaas is, hulle geniet dit. Alhoewel miere ’n regte ergenis…

Tyd Om Te Bid?

Een oggend, toe ek nog baie jonk was, het ek in die kombuis gesit en kyk hoe my ma ontbyt voorberei. Onverwags het die vet in die pan, waarin sy besig was om spek gaar te maak, aan die brand geslaan. Vlamme het die lug ingeskiet en my ma het na die spens gehardloop om ’n sak meel te kry…

Twee Woorde

In die geskiedenis van die Amerikaanse advertensiebedryf is een van die mees effektiewe leuses, dié een van die Kaliforniese melkindustrie. Dit het slegs twee woorde bevat: Got Milk? Met daardie slagspreuk het die groep feitlik almal se aandag getrek. Nadat die saak ondersoek is, is vasgestel dat meer as 90% van die mense wat gevra is, van die slagspreuk bewus…

Nooit Alleen Nie

Aangesien ek vir die kollege sokker gespeel het, het ek nog nooit my liefde vir die spel verloor nie. Vir my is dit die Beautiful Game, die wonderlike spel. Ek het altyd graag na die Engelse Eerste Liga wedstryde gekyk. Een rede waarom ek van die spel hou, is dat dit so vinnig is en die spelers soveel behendigheid toon.…

Twee Reëls Waarvolgens Ons Kan Lewe

Het jy al ooit oorweldig gevoel deur allerhande reëls en regulasies? Dink net hoe die arme Jode gevoel het waar hulle meer as 600 wette uit die Ou Testament gehad het, plus nog heelwat ander wat deur die godsdienstige leiers van die volk bygevoeg is. En dink net hoe verbaas hulle moes gewees het toe Jesus al hierdie wette tot…

Kon Ek Maar Die Oorlosie Stop

Elke jaar wanneer Meimaand aanbreek, wens ek so dat ek maar die oorlosie kon stop. Ek is so bly as die doodsheid in die natuur deur nuwe uitspruitsels vervang word. Ek is dankbaar dat hulle nie deur die harde klei en droë takke gekeer word nie. Binne ’n paar weke word die dorre landskap omskep deur bome met pragtige en…

Misbruik Van Genade?

Paulus sê in Romeine 5:20: “Hoe meer die sonde geword het, hoe oorvloediger het die genade geword.” Maar daardie radikale stelling bied ’n ernstige teologiese probleem. Die skrywer van die boek Judas waarsku dat daar mense is wat “die genade van ons God” (vs. 4) misbruik en redeneer dat jy tog in elk geval vergewe sal word, waarom is dit…

Sterre Krag

Vir elkeen van ons, wat al soos Job, deur tragedies moes worstel en dan ons vrae aan God gestel het, gee Job 38 baie om oor na te dink. Probeer jouself voorstel hoe Job moes gevoel het toe Hy die stem van God uit die stormwind gehoor het. “Wie is dit wat besig is om my bedoelinge te dwarsboom met…

Haters Van God

Onlangs het ek na die voorlees van ’n boek geluister - deur die skrywer self gelees. Dit het oor ateïsme gehandel en die skrywer se gemene en bittere sarkasme het my laat wonder waarom hy so kwaad was. Die Bybel leer ons dat as ons God verwerp kan dit geleidelik daartoe lei dat ons Hom begin haat. “En omdat hulle…

Fluisterende Galery

Londen se koepelvormige St. Paul’s Katedraal, het ’n interessante argitektoniese fenomeen wat die whispering gallery genoem word. Op een webwerf word dit soos volg verduidelik: “Die naam is gegee as gevolg van die feit dat as een persoon aan die een kant van die muur fluister, kan dit duidelik aan die ander kant gehoor word. Die klank word perfek om…