Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by Keila Ochoa

Brood!

Ek woon in ’n klein Meksikaanse stad waar jy elke oggend en aand ’n kenmerkende roep kan hoor: “Brood!” ’n Man met ’n groot mandjie op sy fiets bied ’n groot verskeidenheid vars brode te koop aan. Ek het aanvanklik in ’n groter stad gewoon, waar ek na die bakkery moes gaan om brood te koop, daarom geniet ek dit…

Vele Pragtige Goed

Kunstenaar en sendeling Lilias Trotter het kort voor haar dood by’n venster uitgekyk en ’n visioen van ’n hemelse strydwa gesien. Toe aan haar gevra is wat sy sien, was haar antwoord: “Vele pragtige goed.”

Trotter se woorde het God se werk in haar lewe weerkaats. Nie slegs in die dood nie maar regdeur haar lewe het Hy baie skoonheid…

Dien Voortdurend

In Benjamin Bloom, die opvoedkundige sielkundige, se navorsing oor hoe om talent in jongmense te ontwikkel, het hy die kinderlewe van 150 uitstaande presteerders: atlete, kunstenaars en vakkundiges, ondersoek. Daar is bevind dat hulle een ding in gemeen het: hulle het vir lang periodes intensief geoefen.

Bloom se navorsing dui aan dat groei in enige area van ons lewe dissipline…

Baie Geskenke, Een Doel

Mielies is ’n stapelvoedsel in Mexiko. Daar is baie verskillende kultivars. Daar is geel, bruin, rooi en swart mielies. Selfs koppe met ’n gespikkelde patroon. Laasgenoemde is egter nie baie gewild by stedelinge nie. Restauranteienaar en navorser Amado Ramírez verduidelik dat stedelinge glo dat eenvormigheid op kwaliteit dui. Tog smaak die gespikkelde mielies baie lekker en maak dit uitstekende tortillas.…

Maak Oop My Oë

Die eerste keer wat ek by die asemrowende Chora Kerk in Istanbul was, kon ek van die Bybelstories uit die Bisantynse muurskilderye en mosaïeke eien. Maar ek het baie gemis. Die tweede keer het ek egter ’n gids gehad. Hy het al die detail wat ek die vorige keer gemis het, uitgewys, en skielik het alles sin gemaak! Soos dat…

Fokus Op Die Horison

Die veerboot het skaars begin beweeg toe my dogtertjie deur seesiekte oorval word. Kort daarna het ek self olik begin voel. “Hou net jou oë op die horison,” het ek myself herinner. Volgens matrose help hierdie raad om weer perspektief te verkry.

Die Skepper van die horison (Job 26:10) weet dat ons soms angsbevange word. Deur op ’n verre maar…

Die Geheim Van Vrede

Grace is ’n baie besonderse dame. As ek haar met een woord moet beskryf, sal dit met die woord vrede wees. Vandat ek haar ses maande gelede ontmoet het, het die stil en vreedsame uitdrukking op haar gesig selde verander, selfs al is haar man met ’n rare siekte gediagnoseer en toe gehospitaliseer.

Toe ek Grace uitvra oor wat die geheim van…

Moed Om Getrou Te Wees

Hadasah,’n jong Joodse meisie wat ’n denkbeeldige karakter in een van Francine Rivers se boeke ‘A Voice in the Wind’ voorstel, leef gedurig in vrees. Nadat sy as slaaf in ’n Romeinse huishouding aangestel word, vrees sy vervolging weens haar geloof in Christus. Sy weet dat baie Christene al verag is en selfs vir die leeus gegooi is. Sal sy die moed…

So Wit Soos Sneeu

Ek en my gesin is verlede Desember berge toe. Ons het ons lewe lank in ’n tropiese klimaatstreek gewoon, dus het ons vir die eerste keer sneeu in sy volle skoonheid gesien. Terwyl ons ons verlustig het in die wit mantel wat oor die velde lê, het my man uit Jesaja aangehaal: “Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal…

Wat Oorbly In Die Oog

Die suikerbekkie kry sy Engelse naam (hummingbird) van die geluid wat sy vlerkies maak as dit so vinnig klap. In Portugees is dit bekend as die “blomsoener” of die “vlieënde juweel” in Spaans. Een van my gunstelingname vir hierdie voëltjie is biulu, “wat oorbly in die oog” (Meksikaans-Zapotec). Met ander woorde, as jy ’n suikerbekkie sien, sal jy dit nooit…