Die veerboot het skaars begin beweeg toe my dogtertjie deur seesiekte oorval word. Kort daarna het ek self olik begin voel. “Hou net jou oë op die horison,” het ek myself herinner. Volgens matrose help hierdie raad om weer perspektief te verkry.

Die Skepper van die horison (Job 26:10) weet dat ons soms angsbevange word. Deur op ’n verre maar sekere bestemming te konsentreer, kry ons weer perspektief.

Die skrywer van Hebreërs het dit verstaan. Hy het moedeloosheid opgemerk by sy lesers. Vervolging het baie van hulle uit hulle huise gedryf. Hy het hulle daaraan herinner dat baie ander gelowiges van die uiterste verhore moes deurmaak en haweloos gelaat is. Hulle het dit verdra omdat hulle iets beter verwag het.

As bannelinge kon die lesers van Paulus se brief uitsien na die stad waarvan God die argitek was, die hemelse land, die stad wat God vir hulle voorberei het (Heb. 11:10, 14, 16). In sy finale vermaninge vra die skrywer dus dat sy lesers op God se beloftes moet fokus “[want] ons het in hierdie wêreld geen vaste verblyfplek nie, ons is op soek na die toekomstige” (13:14).

Ons huidige probleem is tydelik. “Ons is hier op aarde slegs vreemdelinge en bywoners” (11:13), maar deur op die horison van God se liefde te fokus, verkry ons die verwysingspunt wat ons nodig het.