Ek woon in ’n klein Meksikaanse stad waar jy elke oggend en aand ’n kenmerkende roep kan hoor: “Brood!” ’n Man met ’n groot mandjie op sy fiets bied ’n groot verskeidenheid vars brode te koop aan. Ek het aanvanklik in ’n groter stad gewoon, waar ek na die bakkery moes gaan om brood te koop, daarom geniet ek dit dat vars brood na my deur toe gebring word. Met die gedagteskuif van voeding vir fisiese honger na geestelike honger, dink ek aan Jesus se woorde: “Ek is die lewende brood wat uit die hemel gekom het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy ewig lewe” (JOH. 6:51). Iemand het gesê dat evangelisasie eintlik een bedelaar is wat vir ’n ander bedelaar sê waar hy brood kan vind. Heelparty van ons kan sê, “ Eens het ek geestelik honger gely as gevolg van my sonde. Toe hoor ek die goeie nuus. Iemand het vir my vertel waar om brood te vind: in Jesus. En my lewe het verander!”
Nou het ons die voorreg en die verantwoordelikheid om andere na die Brood van die Lewe te lei. Ons kan Jesus in ons buurt, werksplek, skool en in ons plekke van ontspanning, deel. Ons kan oor Jesus praat in die wagkamer, op die bus of op die trein. Ons kan die goeie nuus met ander deel met deure van vriendskap. Jesus is die Brood van die Lewe. Kom ons vertel almal die goeie nuus.