Eendag het ek gesien hoedat my seuntjie probeer om staafgewigte van ongeveer twee kilogram bo sy kop uit te stoot, iets baie moeilik en onmoontlik vir ’n kleuter. Hy kon hulle slegs ’n paar sentimeter van die grond af oplig en sy gesiggie was rooi van inspanning. Ek het aangebied om hom te help, en saam het ons die gewigte tot byna by die plafon opgelig. Wat vir hom te moeilik was, was vir my maklik. Jesus huldig ook hierdie perspektief ten opsigte van dit wat vir ons, sy kinders, te moeilik is. Wanneer dit vir ons voel asof die lewe ’n ineenskakeling van rampe en ellende is, is Jesus nie ontwrig nie. Óf dit nou tandpyn óf ’n heftige argument is, Jesus kan dit hanteer – al gebeur dit alles op dieselfde dag. Hy kan alles hanteer en daarom het Hy gesê: “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is” (Matt. 11:28). Is jy uitgeput as gevolg van voortdurende probleme? Is jy teneergedruk deur laste en bekommernis? Deur tot die Here in gebed te nader, is dit vir jou moontlik om al daardie laste op Hom te plaas, sodat Hy jou kan ondersteun (Psalm 55:22). Vra Hom vandag om jou te help en die nodige krag te gee. Deur jou met jou probleme te help, kan God vir jou rus en vrede gee, want ”sy juk is sag en … [sy] las is lig” (Matteus 11:29,30).