Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by Dennis Fisher

ruimte verkenners

Baie van die eerste ruimtevaarders was vroeër Boy Scouts gewees. Die Scouts het die verbeelding van jong seuns wakkergemaak en hulle die dissipline geleer sodat hulle hul doelstellings in die lewe kon bereik – ja, selfs al het dit beteken dat hulle na die sterre moes reik. Op 20 Julie 1969 was die verkenners besig met ’n konferensie en terwyl…

foutiewe lyn

Die stad Hayward in Kalifornië het in 1931 sy eerste permanente stadsaal gebou. Dit het $100,000 gekos en die struktuur met sy Korintiese pilare en Roomse boogrelings, is as ’n wonderwerk beskou. Daar was egter een probleem – dit is op die Hayward Fault gebou en is geleidelik besig om is twee dele te skeur. In 1989 het ’n aardbewing…

stad van aardbewings

In sy boek A Crack in the Edge of the World skryf Simon Winchester van ’n dorpie waar aardbewings gereeld voorkom. Dis die klein dorpie Parkfield, in Kalifornië. In ’n poging om toeriste te trek, het ’n hotel die volgende kennisgewing aangebring: “Slaap Hier Wanneer Dit Gebeur!” ’n Lokale restaurant het ’n groot biefstuk op die spyskaart wat “Die Groot…

’n kind se potensiaal

Louis Armstrong was bekend vir sy glimlaggende gesig, sy heserige stem, die wit sakdoek wat hy altyd byderhand gehad het en die trompet wat hy so treffend bespeel het. Nogtans was sy kinderjare gekenmerk deur armoede, ontbering en hartseer. Sy pa het hom in die steek gelaat en hy is op 12 jarige leeftyd na ’n verbeteringskool gestuur. Tog was…

’n Skoon Gewete

Nadat Ffyona Campbell beroemd geword het as die eerste vrou wat om die wêreld gestap het, was haar vreugde van korte duur. Ten spyte van al die eer wat sy ontvang het, het iets haar gepla. Skuldgevoelens het haar teneergedruk en sy was op die punt om ’n ineenstorting te beleef. Wat het haar so gepla? Eindelik het sy bely:…

Die lewe is soos om op ’n fiets te ry

In ’n brief aan sy seun Eduard, het Albert Einstein die volgende advies gegee: “Die lewe is soos om op ’n fiets te ry. Om jou balans te behou, moet jy aanhou beweeg.” Die bekende fisikus se raad is wys en prakties. Hierdie wyse raad kan ook op die Christelike lewe van toepassing gemaak word. Baie gelowiges volhard selfs deur…

Jesus in die sentrum

Het jy gehoor van die “Christosentriese Beginsel” ten opsigte van die begrip van die Bybel? Eenvoudig gestel beteken dit dat alles wat ons in verband met God, engele, Satan, menslike verwagtinge en die heelal weet, die beste verstaan word as dit in verhouding tot Jesus beskou word. Hy staan in die sentrum. Onlangs het ek ontdek dat een van die…

Om vir die opposisie te bid

Terwyl ek nog ’n eerstejaarstudent op universiteit was, het ek reeds begin om vir die Here te getuig. Vanselfsprekend het my nuwe gewoonte sommige persone nie aangestaan nie. Toe ek ’n sosiale funksie bygewoon het waar verskeie van my voormalige hoërskool maats teenwoordig was, het dit duidelik geword. ’n Jong dame teenoor wie ek getuig het, het gelag toe ek…

Tye van verkwikking

Wat verkwik jou die beste? ’n Koue drankie op ’n snikhete dag? ’n Rustige middagslapie? Om na goeie musiek en lofprysing te luister? In die Bybel het die tema “verkwikking” ’n verskeidenheid fisiese en geestelike betekenisse. Ons lees in Eksodus 23:12 dat onderhouding van die Sabbat ’n sekere mate van verfrissing bied. Koue water na heelwat fisiese aktiwiteite, bied ook…

Wat is daar in jou hand?

Indien jy geneig is om ongelukkig te voel oor geleenthede wat onbenut verbygegaan het, of as jy jouself voortdurend oor die toekoms bekommer, vra jouself dan die volgende vraag: “Wat is reg voor my?” Met ander woorde, watter omstandighede en verhoudinge is tans voor jou. Hierdie vraag kan jou aandag aflei van mislukkings in die verlede en vrese vir die…