Terwyl ek nog ’n eerstejaarstudent op universiteit was, het ek reeds begin om vir die Here te getuig. Vanselfsprekend het my nuwe gewoonte sommige persone nie aangestaan nie. Toe ek ’n sosiale funksie bygewoon het waar verskeie van my voormalige hoërskool maats teenwoordig was, het dit duidelik geword. ’n Jong dame teenoor wie ek getuig het, het gelag toe ek oor die ewigheid praat en ’n ander vriend, wat geweet het hoe ek voel, het laggend opgemerk. “Drie hoera’s vir die ou houtkruis!” Ek het mismoedig en eensaam gevoel. Maar later die aand het ’n onverklaarbare liefde my oorweldig. Ek het gedink aan die Here se bevel: “Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg” (Matt. 5:44). Ek het vir Ed gebid, hy wat die kruis van Jesus bespot het en met my oë vol trane het ek die Here gevra om hom te red. Ongeveer ’n jaar later het ek ’n brief van Ed ontvang waarin hy gevra het dat ons mekaar iewers moet ontmoet. Toe ons uiteindelik mekaar te siene gekry het, het hy vertel hoedat hy gehuil het oor sy sonde en Jesus as Verlosser aangeneem het. En later het ek tot my verbasing verneem dat Ed as sendeling na Brasilië gegaan het en daar vir die Here werk. Die les wat ek uit hierdie gebeure geleer het, is dat gebed die beste reaksie op geestelike opposisie is. Watter kritikus van jou geloof het gebed nodig?