Het jy gehoor van die “Christosentriese Beginsel” ten opsigte van die begrip van die Bybel? Eenvoudig gestel beteken dit dat alles wat ons in verband met God, engele, Satan, menslike verwagtinge en die heelal weet, die beste verstaan word as dit in verhouding tot Jesus beskou word. Hy staan in die sentrum. Onlangs het ek ontdek dat een van die minder bekende Ou Testamentiese boeke, Sagaria, die mees Christosentries is. Die boek is ’n goeie voorbeeld, want dit praat van Christus se manlikheid (6:12) sy nederigheid (9:9) dat Hy verraai is (11:12), sy goddelikheid (12:8) sy kruisiging (12:10) sy terugkeer na die aarde (14:4) en sy toekomstige heerskappy (14:8-12). Een belangrike teksvers is Sagaria 12:10, “Hulle sal na hom kyk vir wie hulle doodgesteek het.” Die feit dat hulle Hom doodgemaak het, beteken nie net die kruisiging nie, maar ook die feit dat hulle Hom as Messias verwerp het. Maar hierdie teks voorspel dat daar ’n toekomstige geslag Jode sal wees wat Jesus wel as Messias sal aanvaar. By die wederkoms van Jesus sal ’n oorblyfsel van Israel die Gekruisigde Here herken en hulle tot Hom bekeer. Hierdie kosbare boek behoort ons aan te moedig om meer Christosentriese waarhede in die Bybel te soek – nie net in ander dele van die Bybel nie, maar ook in die daaglikse lewe. Hou Jesus in die sentrum van jou lewe. Leef Christosentries.