Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by David C. McCasland

Hy Ken Ons Name

Tydens ’n besoek aan die National September 11 Memorial in New York was ek bevoorreg om ’n foto van een van die twee weerkaatsende poele, wat deel vorm van ’n gedenktuin wat op die perseel waarop die vernietigde Wêreld Handelsentrum gestaan het, aangebring is, te kon neem. Rondom hierdie poele is die name van die byna 3000 mense wat in…

Liefde Sonder Grense

’n Wyse vriend het my aangeraai om in enige argument uitdrukkings soos “jy doen dit altyd” of “jy doen dit nooit nie” te vermy – veral wat my gesin betref. Hoe maklik is dit nie om die mense om ons te kritiseer en liefdeloos op te tree teenoor dié vir wie ons lief is nie! Tog is daar nooit enige…

’n Goddelike Lewenswyse

’n Kaartjie op die lessenaar in my hotelkamer het soos volg gelees:

Welkom. Ons bede is dat u ’n rustige verblyf sal geniet en dat u reise vrugbaar sal wees. Mag die Here u seën en beskerm en Sy aangesig oor u laat skyn.

Omdat ek meer omtrent die maatskappy se kultuur, vastigheid en waardes wou oplees, het ek hulle…

Gebed

Vir baie jare het ek die skrywes van die Britse outeur G,K. G. K. Chesterton geniet. Sy humor en insig het my dikwels laat giggel en dan weer stil raak vir meer ernstige oorpeinsing. Byvoorbeeld het hy geskryf: “Jy sê ’n gebed voor ete. Dis reg. Maar ek sê ’n gebed voor die opvoering en opera, en gebedvoor die konsert…

’n Gebed Van Vergifnis

Ruby Bridges het in 1960 groot opslae gemaak toe sy, te midde van hewige protes, die eerste Afrika-Amerikaanse kind was wat by ’n blanke laerskool in die suide van Amerika ingeskakel het. Sy moes maande lank elke dag onder polisie begeleiding verkeer en alleen in haar klas saam met Barbara Henry, die enigste onderwyseres wat gewillig was om haar te…

Wysheid Se Roepstem

Malcolm Muggeridge, die bekende Britse joernalis en sosiale resensent, het op die ouderdom van 60 jaar tot geloof in Christus gekom. Op sy 75ste verjaardag het hy 75 insiggewende opmerkings oor die lewe gemaak. Een daarvan het só gelui: “Ek het nog nooit ’n ryk man ontmoet wat gelukkig is nie, tog het ek enkele kere ’n arm man ontmoet…

Die Kuns Van Vergifnis

Ek het een middag twee ure by die kunsuitstalling: Die vader en sy twee seuns – die kuns van vergifnis, deurgebring. Al die stukke het gefokus op Jesus se gelykenis van die verlore seun (Luk. 15:11-32). Edward Rojas se skildery van Die verlore seun het veral sterk tot my gespreek. Dit beeld die eens wederstrewige seun se tuiskoms uit. Sy klere…

Trek Saam

Hoekom betaal meer as vyf miljoen mense jaarliks om kilometers te hardloop waar hulle mure moet oor, deur modder sukkel en pype te klim, terwyl water oor hulle afstort ? Sommige sien dit as ’n persoonlike uitdaging om hulle vermoeiheidsgrens te toets of hulle vrese te oorkom. Vir ander is die aantrekkingskrag die spanwerk, waar hulle mekaar help en ondersteun.…

Ons Vaste Fondament

Mense in ons stad het vir jare lank huise in areas waarin gereelde grondverskuiwings voorkom, gekoop en gebou . Baie was bewus van die risiko om in die gebied te woon, terwyl ander weer geen kennis van hierdie gevaar gehad het nie. Die plaaslike koerant het op 27 April 2016 berig dat baie mense, ter wille van die mooi uitsig vanaf…

Die Probleem Met Trots

Mense wat in hulle leeftyd ’n buitengewone vlak van belangrikheid of reputasie behaal, word dikwels ’n “legende in hul eie tyd” genoem. ’n Goeie vriend en professionele bofbalspeler sê egter dat hy al baie sportmanne en -vroue ontmoet het wat slegs ’n “legende in hulle eie oë” was. Hoogmoed en trots is soms geneig om die beeld wat ons van  onsself sien en vorm,…