Het jy al ooit ’n e-pos gestuur en skielik besef dit gaan na die verkeerde persoon toe of bevat skadelike, skelwoorde? As jy net ’n sleutelbord-toets kon druk en dit stop. Wel, nou kan jy. Verskeie maatskappye bied ’n funksie aan wat jou ’n kort tydjie gee, na die stuur van ’n e-pos, om te keer dat dit jou rekenaar verlaat. Daarna is die e-pos soos ’n gespreekte woord wat nie ongesê kan word nie. Eerder as om die “stuur ongedaan maak” funksie
as ’n wondermiddel te beskou, moet dit ons daaraan herinner dat dit uiters belangrik is om te waak oor wat ons sê. In die eerste brief van die apostel Petrus, het hy aan die volgelinge van Jesus gesê, “Moenie kwaad met kwaad vergeld of belediging met belediging nie. Inteendeel, antwoord met ’n seënwens, want daartoe is julle geroep … As iemand die lewe liefhet en ’n lang lewe begeer om die goeie te geniet, moet hy sy tong weerhou van kwaadpraat en sy lippe van leuens. Bly weg van die kwaad af en doen wat goed is, soek vrede en jaag dit na!” (1 PETRUS 3: 9-11).
Die psalmdigter, Dawid. het geskryf: “Sit ’n wag voor my mond, Here, hou tog wag oor wat ek sê” (PSALM 141:3). Dit is ’n goeie gebed vir die begin van elke dag en in elke situasie as ons met woorde wil terugkap. Here, bewaar ons woorde vandag sodat ons niemand daarmee sal skaad nie.