In sy boek, Spiritual Leadership, verken J. Oswald Sanders die eienskappe en belangrikheid van takt en diplomasie. “Die kombinasie van dié twee woorde,” sê hy: “laat die gedagte na vore kom, van vaardigheid in die versoening van uiteenlopende standpunte sonder om aanstoot te gee en sonder om beginsels te verontagsaam.”
Tydens Paulus se gevangenskap het hy die geestelike mentor en vriend van ’n wegloper slaaf genaamd Onesimus, wie se eienaar Filemon was, geword. Toe Paulus aan Filemon skryf en hom vra om Onesimus as ’n broer in Christus te aanvaar was hy ’n voorbeeld van takt en diplomasie. “Daarom, al het ek in Christus die volste reg om jou op jou plig te wys, doen ek liewer ’n beroep op jou op grond van die liefde … Dit is hy [Onesimus] besonderlik vir my; hoeveel te  meer sal hy dit dan nie vir jou wees nie, as mens en as broer in die Here” (FILEM. 8-9, 16).Paulus, ’n gerespekteerde leier van die kerk, het dikwels duidelike opdragte aan die volgelinge van Jesus gegee. In dié geval het hy ’n beroep op Filemon, op die grondslag van gelykheid, vriendskap en liefde, gedoen. “Ek wou niks sonder jou instemming doen nie, sodat jou weldaad nie uit dwang sou wees nie, maar uit vrye keuse” (vs. 14). Mag ons in al ons verhoudinge streef om harmonie en beginsel, deur die gees van liefde, te bewaar.