Vandag,’n paar jaar gelede, het 155 mense op Vlug 1549 van die Amerikaanse Lugdiens gedink hulle gaan sterwe. Nadat die vliegtuig vanaf die lughawe by New York Stad opgestyg het, het dit teen ’n swerm voëls vasgevlieg en albei enjins is erg beskadig. Die kaptein moes die kragtelose vliegtuig versigtig oor die digbevolkte area stuur en toe het hy die passasiers dringend gemaan: “Maak gereed vir landing.” Minder as 90 sekondes later het hy die vliegtuig veilig op die ysige Hudson rivier laat neersak. Bote het gou nadergekom om die passasiers en bemanning te help. Almal het oorleef. Mense praat vandag nog van die “wonderwerk op die Hudson.” Een dankbare passasier het opgemerk: “Ons is ’n tweede kans gegun.” In krisistye besef ons opnuut die waarde van elke uur. Maar gedurende normale tye besef ons nie dat elke dag ons eintlik ’n tweede kans bied nie, nog ’n kans om reg te maak. “Deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut. U trou is groot” (Klaagliedere 3:22,23). Ons kan kies om ’n dankbare lewe te lei, dankbaar omdat God genadig en liefdevol is. Hy is getrou en daarom kan ons altyd hoopvol wees, want Hy is altyd daar en Hy is betroubaar. Vandag bied die Here ons ’n tweede kans in die lewe. Kom ons maak die beste gebruik daarvan en leef tot sy eer.