Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by C. P. Hia

Babakos

Het jy al ooit babakos geproe? Ek het en dis baie sag, want babas het geen ander keuse nie. Hulle kan nie harde en taai kosse eet nie en beslis nie ’n lekker geurige biefstuk nie! Tragies om te sê, maar daar is Christene wat doodtevrede is om maar net geestelike babakos te eet. Hulle is tevrede om maar net…

Verrassing!

’n Skrywer vir die Washington Post het ’n eksperiment gedoen om die mens se waarneming te toets. Hy het een dag in Januarie ’n beroemde violis gevra om anoniem by ’n spoorwegstasie in die hoofstad op te tree. Duisende mense het daar verbygestap terwyl hy gespeel het en ’n paar het gaan staan om te luister. Na 45 minute was…

is jy gereed?

Baie mense sal die tyd in 2008 onthou toe die ergste finansiële krisis na die Groot Depressie van 1929, die wêreld getref het. In die daaropvolgende maande het baie mense hulle werk verloor, ander hulle huise en beleggings. Later die jaar het die BBC ’n onderhoud met Alan Greenspan, vorige hoof van die US Federal Reserve, gevoer en hy het…

Het god ’n Verpligting?

’n Vriend van my het aan my 20 foto’s van pragtige kerke in verskillende wêrelddele gestuur. Hierdie kerke was ver van mekaar verwyder, vanaf Alaska tot Indië en elkeen was argitektonies uniek. Die pragtigste argitektoniese plek van aanbidding in Jeremia se tyd, was die tempel wat koning Josia herstel en weer in gebruik geneem het (2 Kron. 34-35). Die volk…

O. B. Merktekens

In gholf is die O. B. merkers die aanduiding dat ’n gholfbal buite die speelveld beland het en indien ’n gholfbal daar beland, word een hou by die telling gevoeg. Jeremia het die suidelike koninkryk van Juda gewaarsku omdat hulle nie op God se grense ag gegee het nie. Hy sê dat selfs die magtige oseaan grense het waaroor dit…

Gebroke Verhoudings

Ek het vanaf my balkon toegekyk hoe ’n 20 verdieping gebou afgebreek word. Dit het slegs ’n week geneem om die hele gebou te sloop. ’n Nuwe gebou word nou opgerig en dis al maande vandat begin is en steeds duur die werk voort, ten spyte van die feit dat daar saans en naweke ook gewerk word. Dis beslis baie…

Besigheidskaart

In sommige kulture is die titel wat onderkant jou naam op jou besigheidskaart verskyn, baie belangrik. Die identifiseer wie jy is en watter rang jy beklee. Die wyse waarop jy behandel word, hang baie af van jou titel in vergelyking met dié van persone rondom jou. Indien Paulus ’n besigheidskaart gehad het, sou dit hom as ’n “apostel” geïdentifiseer het…

Die Muur Wat Skeiding Maak

Op die 9de November 2010 is die 21ste viering van die val van die Berlynse Muur. Op daardie dag in 1989 is daar op TV van Oos-Berlyn aangekondig dat mense nou vry was om na Wes-Berlyn te gaan. En ’n dag later het Oos-Berlynse stootskrapers begin om die muur wat vir 28 jaar die skeiding gevorm het, om te stoot.…

Die Aangehegte Brandstofpyp

Felipe Massa van Brasilië moes die Formule Een Grand Prix wat in 2008 in Singapore gehou is, gewen het. Maar toe hy brandstof ingeneem het, het hy weggejaag voordat die brandstofpyp verwyder is. Teen die tyd dat sy span die pyp verwyder het, het hy soveel tyd verloor dat hy 13de geëindig het. Paulus het vir Timoteus gewaarsku teen iets…

goeie wense

In Singapore word die seisoen van die Chinese Nuwejaar gewoonlik met sosiale en besigheidsetes gevier. ’n Besondere dis, bestaande uit slaaie, slaaisouse, piekels, atjar en rou vis word bedien. Die naam van die gereg, Yu Sheng is ’n woordspeling wat “jaar van voorspoed” beteken. Die gebruik is dat die teenwoordiges die slaaie meng en terwyl hulle dit doen, word sekere…