Op die 9de November 2010 is die 21ste viering van die val van die Berlynse Muur. Op daardie dag in 1989 is daar op TV van Oos-Berlyn aangekondig dat mense nou vry was om na Wes-Berlyn te gaan. En ’n dag later het Oos-Berlynse stootskrapers begin om die muur wat vir 28 jaar die skeiding gevorm het, om te stoot. Christus het die “vyandskap” tussen Jood en nie-Jood “afgebreek wat vroeër soos ’n muur skeiding gemaak het” (Efesiërs 2:14). Maar daar was ’n ander onoorbrugbare muur wat die mens van God geskei het. Jesus se dood en opstanding het versoening tussen mense, en tussen die mens en God, moontlik gemaak (Efesiërs 2:16). Christene is nie “meer ver van God af nie … maar medeburgers van die gelowiges en lede van die huisgesin van God” (vs. 19). “Saam … verrys … [ons] tot ’n heilige tempel vir die Here, in wie julle ook saam opgebou word as ’n geestelike huis waarin God woon” (Efesiërs 2:22). Ongelukkig is dit so dat Christene soms mure tussen hulle oprig. Daarom roep Paulus ons op om “[ons] lewenswandel in ooreenstemming [te laat] wees met die roeping wat julle van God ontvang het … lê julle daarop toe om die eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe” (Efes. 4:1-3). In plaas van om mure op te rig, kom ons verwyder dit wat s keiding maak sodat die wêreld kan sien dat ons lede van dieselfde huisgesin is.