Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by Amy Boucher Pye

Verborge Geheimenisse

Terwyl ons ’n entjie gaan stap het, het ek en my vriendin gesels oor ons liefde vir die Bybel. Sy het my verras toe sy sê: “Ek hou nie veel van die Ou Testament nie ... te veel moeilike goed om te verstaan en al die wraak – gee my Jesus!”

Wanneer ons ’n boek soos Nahum lees, stem ons…

Hoop In Droefheid

Toe ek negentien jaar oud was, het een van my beste vriende verongeluk. Ek was vir lank daarna in droefheid gedompel. Die pyn om iemand so wonderlik en so jonk te verloor, het my visie verduister, soveel so dat ek nie eens bewus was van wat om my aangaan nie. Ek was so deur my droefheid verblind dat ek nie…

Die Beste Geskenk

Ek was besig om vir my terugtog huistoe in te pak toe my moeder ’n geskenk aan my oorhandig – een van haar ringe wat ek lank reeds bewonder het. “Waarvoor is dit?” het ek gevra. Sy het geantwoord: “Ek dink jy moet dit nou reeds geniet. Hoekom wag totdat ek sterf? Dit pas my buitendien nie meer nie.” Ek…

Oopgesluit

’n Seun met serebrale verlamming, kon nie praat of kommunikeer nie. Sy ma, Chantal Bryan, het egter nie moed opgegee nie en toe hy tien was, het sy reggekry om met hom te kommunikeer deur sy oë en ’n letterbord. Na hierdie deurbraak het sy gesê: “Hy was oopgesluit en ons kon hom enigiets vra.” Nou kan Jonathan lees en…

Op Jou Naam Geroep

Adverteerders het tot die slotsom gekom dat dit waarop kykers die meeste reageer, hulle eie name is. ’n Televisiekanaal in die VK het toe persoonlike advertensies bekendgestel, op hulle aanlyndienste.

Ons mag geniet om ons naam op die televisie te hoor, maar dit beteken nie veel, sonder die innigheid van die sê van ons naam, deur iemand wat lief is…

God Aan Die Werk

“Het julle God onlangs aan die werk gesien?” het ek aan ’n paar vriende gevra. Een het geantwoord: “Ek sien Hom aan die werk wanneer ek in die oggend uit Sy Woord lees; ek sien Hom aan die werk wanneer Hy my help om elke nuwe dag te trotseer, ek sien Hom aan die werk wanneer ek ervaar hoe Hy…

Bly Naby

Nadat ek my dogter by die skool afgesien het, kry ek die geleentheid om tydens my terugstap huis toe ’n paar bybelverse te memoriseer. Sou ek dan daardie paar minute gebruik om God se woord regtig te oordink, ondervind ek dikwels dat die bybelverse deur die loop van die dag weer by my opkom wanneer ek rustigheid en wysheid nodig…

Om Kettings Te Breek

Ons besoek aan die Christ Church Cathedral in Stone Town, Zanzibar, het ons diep ontroer. Dit staan op die terrein wat eens die grootste slawemark in Oos-Afrika was. Die ontwerpers van die katedraal wou met ’n sigbare simbool aandui hoedat die evangelie die kettings van slawerny verbreek. Dit sou nie langer ’n plek van bose dade en aaklige wreedhede wees nie,…

Nie So Haastig Nie!

“Roei spoed met wortel en tak uit!” Toe twee van my vriende hierdie gesegde van die wyse Dallas Willard aanhaal, het ek geweet ek moet dit ter harte neem. Waar draai ek en waar vermors ek my tyd en energie? Meer nog: waarheen het ek voortgespoed sonder om God om Sy leiding en hulp te vra? In die weke en…

Die Koning Se Kroon

Ons het om die tafel gesit en elke persoon het ’n tandestokkie in die skyf skuimplastiek voor ons gedruk. Na aandete in die weke voor Paastyd het ons ’n doringkroon geskep – elke tandestokkie het iets verteenwoordig wat ons gedoen het waaroor ons jammer was en waarvoor Christus die boete moes betaal. Dit het aand na aand aan ons tuisgebring,…