Terwyl ek met ’n vriendin gesels wat by die see bly, het ek my verheug om seemeeue te hoor. “Aaklige skepsels” het sy gesê, want vir haar was hulle ’n daaglikse bedreiging. As ’n inwoner van London, voel ek so oor jakkalse. Ek dink nie hulle is oulik nie, maar dwalende gediertes wat stinkende gemors agterlaat.

Jakkalse kom voor in Hooglied, ’n Ou Testamentiese boek wat die liefde tussen man en vrou openbaar, en, so glo sommiges, tussen God en Sy volk. Die bruid waarsku oor klein jakkalsies, en sy vra die bruidegom om hulle te vang (2:15). Want jakkalse, honger vir die wingerd se druiwe, kan sagte plante verniel. Terwyl die bruid uitsien na hulle getroude lewe saam, wil sy nie hê dat ongediertes hulle verbond van liefde sal versteur nie.

Hoe kan “jakkalse” ons verhouding met God versteur? Vir my, wanneer ek “ja” sê vir te veel versoeke, kan ek oorweldig en onaangenaam word. Of wanneer ek verhoudingskonflik aanskou, kan ek gedryf word tot wanhoop of woede. As ek die Here vra om die gevolg van hierdie “’jakkalse” te beperk – die wat ek deur ’n oop hek ingelaat het, of die wat ingesluip het – neem my vertroue in en liefde vir God toe as ek Sy liefdevolle teenwoordigheid en leiding aanvoel.

Wat van jou? Hoe soek jy God se hulp in enigiets wat jou van Hom af weghou?