Month: Februarie 2020

drome of keuses?

Gedurende my lewe het ek baie goeie raad van mense ontvang. Maar die raad van ’n baie goeie vriend is beslis die beste. “Die lewe bestaan nie uit die drome wat jy droom nie, maar uit die keuses wat jy maak.” Hy is heeltemal reg – jou lewe soos dit vandag is, is die somtotaal van al die keuses wat…

Verandering

Mediese navorsing het getoon dat persone wat ’n hartomleiding gehad het en aangesê word om hulle lewensstyl te verander, dit baie selde doen. Omtrent 90% gaan maar soos altyd voort en 2 jaar na die operasie het niks nog verander nie. Dit wil amper voorkom asof die meeste van hulle verkies om dood te gaan eerder as om hulle lewensstyl…

Verborge skatte

Ek het in die plattelandse gebied van Missouri opgegroei, die gebied waar die Amerikaanse krimineel, Jesse James, (1847-1882) gewoon en gewerk het. Ek en my vriende was oortuig dat hy iewers ’n skat begrawe het en ons het deur die woude gewandel met die hoop dat ons een of ander skat sou vind. Ons het dikwels ’n bejaarde man raakgeloop…

Verheerlik hom

“Bedaar en erken dat Ek God is, hoog bo die nasies, hoog bo die aarde” (Psalm 46:11). Hierdie woorde kom uit ’n lied wat baie lank gelede in die tempel in Jerusalem gesing is en dit herinner ons aan wat ons belangrikste taak op aarde is – om ons ontsagwekkende God te verheerlik. Een manier waarop ons dit kan doen,…

Vulkaniese aktiwiteite

Dit kom tot uitbarsting! Dit smelt alles wat in die pad kom. Die uitbarsting is so magtig soos ’n vulkaniese ontploffing! Wel, miskien nie heeltemal so erg nie – maar ’n humeur wat tot uitbarsting kom en aan ’n familielid gerig is, kan oneindig skade doen. Dit mag net ’n oomblik duur, maar dit kan emosionele chaos veroorsaak en langdurige…

sal ek moet vertel?

Jim het die evangelie met Kerrie gedeel en haar vertel dat sy van die heilige God geskei is as gevolg van haar sonde. Jesus het egter ter wille van haar sonde aan die kruis gesterwe en uit die dood opgestaan, sodat sy vergifnis kon ontvang. Maar elke keer het sy dieselfde rede aangevoer waarom sy nie kon glo nie: “As…

goeie wense

In Singapore word die seisoen van die Chinese Nuwejaar gewoonlik met sosiale en besigheidsetes gevier. ’n Besondere dis, bestaande uit slaaie, slaaisouse, piekels, atjar en rou vis word bedien. Die naam van die gereg, Yu Sheng is ’n woordspeling wat “jaar van voorspoed” beteken. Die gebruik is dat die teenwoordiges die slaaie meng en terwyl hulle dit doen, word sekere…

Van trane en Vreugde

Golda Meir het worsteling en stryd sowel as sukses, gedurende haar lewe ondervind. Sy het baie oomblikke van spanning, konflik en verliese beleef, maar daar was ook periodes van sukses en oorwinning in haar stryd vir die die jong staat, Israel. As Eerste Minister van Israel, het sy by geleentheid oor vreugde en hartseer die volgende gesê: “Diegene wat nie…

ruimte verkenners

Baie van die eerste ruimtevaarders was vroeër Boy Scouts gewees. Die Scouts het die verbeelding van jong seuns wakkergemaak en hulle die dissipline geleer sodat hulle hul doelstellings in die lewe kon bereik – ja, selfs al het dit beteken dat hulle na die sterre moes reik. Op 20 Julie 1969 was die verkenners besig met ’n konferensie en terwyl…

die krygsmagte van god

Toe ons kleindogter, Julia, nog baie klein was, het ons by geleentheid ’n rit oor die Idaho berge onderneem. Na afloop van die “avontuur” het sy en haar Nana oor die avontuur gesels. “Ek was nie bekommerd nie” het Nana gesê “want ek dink Papa het ’n engel wat hom beskerm.” “Ek dink hy het ’n hele leërmag van engele,”…