Mediese navorsing het getoon dat persone wat ’n hartomleiding gehad het en aangesê word om hulle lewensstyl te verander, dit baie selde doen. Omtrent 90% gaan maar soos altyd voort en 2 jaar na die operasie het niks nog verander nie. Dit wil amper voorkom asof die meeste van hulle verkies om dood te gaan eerder as om hulle lewensstyl te verander. Net soos dokters ’n boodskap aan pasiënte gee om hulle lewenswyse te verander, so het Johannes die Doper na vore gekom, ’n geestelike boodskap van bekering en lewensverandering gepreek. “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom” (Matteus 3:2). Hy was besig om voorbereidings vir die koms van die Messias, Jesus Christus, te tref wat tot die manifestering van God se regering op aarde sou lei. Bekering beteken om jou gedagtes en houding teenoor God te verander, wat dan daartoe sal lei dat jou handelinge en besluite dienooreenkomstig verander. Diegene wat tot bekering kom en Christus se voorsiening aan die kruis aanvaar, sal die geestelike dood vryspring (Johannes 3:16). Bekering beteken om jou sonde met opregtheid en berou te bely en dit dan te laat staan. Johannes die Doper was besig om mense op te roep om hulle lewenstyl te verander en tot God’s eer te leef. Vandag nog roep die Here ons op tot bekering en dat ons dan die “vrugte wat bewys dat julle bekeer is” (Matteus 3:8) moet dra. –