Golda Meir het worsteling en stryd sowel as sukses, gedurende haar lewe ondervind. Sy het baie oomblikke van spanning, konflik en verliese beleef, maar daar was ook periodes van sukses en oorwinning in haar stryd vir die die jong staat, Israel. As Eerste Minister van Israel, het sy by geleentheid oor vreugde en hartseer die volgende gesê: “Diegene wat nie weet hoe om met hulle hele hart te huil nie, weet ook nie hoe om regtig te lag nie.” Paulus het ons ook opgeroep tot ’n lewe van hartseer sowel as vreugde – maar een met ’n kinkel in die kabel. In Romeine 12:15 daag die apostel ons uit om by ons eie probleme en hartseer verby te kyk na die nood en behoeftes van ander: “Wees bly saam met dié wat bly is en treur saam met dié wat treur.” Indien ons ons net in ons eie oorwinnings verheug, sal ons die wonderlike krag van die Here verbeur, Hy wat verlang om sy doelstellings ook in en deur ander te bereik. Indien ons net ons eie verliese en hartseer betreur, verbeur ons die geleentheid om “daar te wees” vir iemand anders wat dit regtig nodig het, en om aan hulle deernis te betoon. Die lewe is vol teenstellings, vreugde en hartseer, oorwinnings en nederlae. Maar ons het die geleentheid om ander mense se lewens te beïnvloed en te sien hoedat die Here in sy groot genade onderneem. Moet dit nie misloop nie!