Maand: Augustus 2018

Roep Om Hulp

Ná 5 sterftes en 51 besering in hysbakongelukke in 2016, het New York City ’n advertensieveldtog geloods om mense te leer hoe om kalm en veilig te bly. Die ergste gevalle was te wyte aan mense wat gedink het hulle kan hulself help wanneer iets verkeerd loop. Die beste plan van aksie, het die owerhede gesê, is: “Lui, ontspan en…

Die Huis Op Die Rots

In ’n stadium het my vriende besef dat hul woonkamer begin sak het – daar was krake in die mure en een van die vensters kon nie oopmaak nie. Hulle vind toe uit dat die vertrek sonder ’n fondament aangebou is. Dit sou maande duur om die swak vakmanskap reg te stel en ’n nuwe fondament te lê.

Nadat die…

Het Jy My Lief?

As tiener is ek deur die kenmerkende tydperk van rebellie teen my ma se gesag. My pa is oorlede voordat ek adolessensie bereik het, dus moes my ma gedurende daardie onstuimige jare sonder sy hulp ouerleiding bied.

Ek onthou dat ek gedink het Ma wou nie hê ek moet plesier hê nie – en dalk het sy my nie eers…

Leer Om Te Vertrou

As tiener was ek soms weerbarstig wanneer my ma my probeer bemoedig het om te bly glo. “Vertrou op God. Hy sal vir jou sorg” sou sy sê. “Dis nie so eenvoudig nie, Ma!” sou ek snou. “God help diegene wat homself help!”

Maar die woorde: “God help diegene wat homself help!” kom nêrens voor in die Bybel nie. Trouens,…

Dien Voortdurend

In Benjamin Bloom, die opvoedkundige sielkundige, se navorsing oor hoe om talent in jongmense te ontwikkel, het hy die kinderlewe van 150 uitstaande presteerders: atlete, kunstenaars en vakkundiges, ondersoek. Daar is bevind dat hulle een ding in gemeen het: hulle het vir lang periodes intensief geoefen.

Bloom se navorsing dui aan dat groei in enige area van ons lewe dissipline…

Vrygelaat

In ’n gesprek oor versoening het iemand opgemerk: “Moenie mense in tyd gevange hou nie.” Dié wyse woorde spruit uit sy waarneming dat ons geneig is om mense se foute te onthou en hulle nooit die geleentheid gee om te verander nie.

God kon Petrus verskeie kere in tyd gevange gehou het, maar Hy het nie. Petrus – die impulsiewe…

Ruimhartige Gewers

Die kerkleierskap het eers gekyk na alles wat God in die verlede in ons kerk gedoen het en toe ’n voorstel vir ’n nuwe gimn., waardeur ons ’n beter diens aan die gemeenskap kon lewer, aan die gemeente voorgelê. Dié span was die eerstes wat hulle finansieel verbind het aan die bouprojek. My aanvanklike gebede het my selfsug verraai. Ek…

Ons Wil Jesus Ontmoet

Van die kansel af, waar ek deelgeneem het aan die verrigtinge by ’n begrafnis, kon ek die koperbordjie sien met die woorde van Johannes 12:21 daarop: “Meneer, ons wil Jesus graag ontmoet.” Inderdaad, het ek gedink, dat ons Jesus kon sien in die vrou wat ons vandag met lag en trane vier. Hoewel sy uitdagings en teleurstellings die hoof moes…

Blywende Geluk

Ons hoor dikwels die filosofie dat ons gelukkig sal wees wanneer ons ons eie kop volg. Dis egter nie waar nie. Daardie lewensuitkyk lei net tot leegheid, angstigheid en hartseer.

Die digter W. H. Auden het na mense gekyk wat in genietinge probeer ontsnap het. Hy skryf oor hulle: “Verlore in ’n spookagtige woud / Kinders bang vir die nag…

God Versorg Ons

My kleinseuns wil graag self aantrek. Soms trek hulle die hemde agterstevoor aan, en soms trek die jongste sy skoene verkeerdom aan. Ek het egter nie die moed om hulle reg te help nie, en, buitendien, hul onskuld ontroer my.

Ek kyk graag deur hulle oë na die wêreld. Alles is vir hulle ’n avontuur, soos om oor die lengte…