Ná 5 sterftes en 51 besering in hysbakongelukke in 2016, het New York City ’n advertensieveldtog geloods om mense te leer hoe om kalm en veilig te bly. Die ergste gevalle was te wyte aan mense wat gedink het hulle kan hulself help wanneer iets verkeerd loop. Die beste plan van aksie, het die owerhede gesê, is: “Lui, ontspan en wag.” New York se geboue-owerhede het hulle daartoe verbind om dadelik te reageer om mense teen beserings te beskerm en hulle uit hul verknorsing te help.

In die boek Handelinge preek Petrus oor die mens se probleem om homself te red, Lukas, die skrywer, teken buitengewone gebeurtenisse aan waar gelowiges in Christus in tale praat wat onbekend is aan hulle (2:1–12). Petrus het aan sy Joodse broers en susters verduidelik dat dít wat hulle daar sien, die vervulling is van ’n ou profesie (Joël 2:28–32): die uitstorting van die Heilige Gees en ’n dag van redding. Die seën van die Heilige Gees was duidelik in almal wat Jesus om verlossing van hul sonde en die gevolge daarvan aangeroep het. Petrus het hulle verseker dat almal toegang het tot hierdie verlossing (vs. 21). Ons verkry nie toegang tot God deur die Wet te onderhou nie, maar op grond van ons vertroue in Jesus as Here en Messias.

Ons kan nie onsself uit die sonde red nie. Ons enigste hoop op redding is om Jesus as Here en Messias te erken en te vertrou.