Month: April 2018

Slegs Deur Gebed

My vriendin wat kankerbehandeling ondergaan het, het my laat in die nag gebel. Haar onbeheerste snikke het my droewig gemaak. Ek het saamgehuil en stilweg gebid: Wat is ek veronderstel om te doen, Here?

Haar rou uitroepe het my aan die hart gegryp. Ek kon nie haar pyn verlig, haar uithelp of met ’n enkele verstaanbare woord troos nie. Ek…

Om ’n Erfenis Na Te Laat

Ek en my seuns het ’n week op ’n verlate plattelandse beesplaas aan die Salmonrivier – Idaho se “Rivier van geen terugkeer nie” – deurgebring.

Terwyl ek op ’n dag die plaas verken, het ek op ’n antieke graf wat met ’n stuk hout gemerk is, afgekom. As daar ’n inskripsie op die hout was, het die weer dit lankal…

Krag In Lyding

Die agtienjarige Sammy se familie het hom verwerp toe hy Jesus as sy Verlosser aangeneem het. Hulle was tradisioneel van ’n ander geloof. Die Christengemeenskap het hom verwelkom, bemoedig en finansiële hulp vir sy opleiding aangebied. Sy getuienis is later in ’n tydskrif gepubliseer, waarop sy vervolging verskerp is.

Sammy het steeds sy familie besoek en met sy pa gepraat,…

Skoon Spel

Toe Ashley Liew, ’n Singapoerse naelloper, hom tydens ’n maraton by die Suidoos-Asiese Spele vooraan die groep bevind, het hy gou besef dat die voorste naellopers ’n verkeerde afdraai gevat het en nou agter was. Ashley kon voordeel getrek het uit hulle fout, maar ’n sterk gees van sportmanskap het hom oortuig dat dit nie ’n ware oorwinning sou wees…

Gedeelde Bemoediging

“God het jou vanaand na my toe gestuur!”

Dít was die afskeidswoorde van die vrou voor my toe ons die vliegtuig na Chicago verlaat het. Sy het aan die oorkant van die paadjie gesit en my vertel dat sy op pad huis toe was ná ’n heen-en-terug reis daardie dag. “Gee jy om as ek jou vra waarom jy so…

Wat Ons Wil Hoor

Die mens is geneig om moeite te doen om inligting te verkry wat sy opinies staaf. Wanneer ons baie sterk voel oor ons eie saak, vermy ons enige teenkanting wat ons standpunte sal uitdaag.

Dít is presies wat gebeur het tydens koning Agab se heerskappy oor Israel. Toe hy en Josafat – die koning van Juda – samesprekings gevoer het…

Lafenis Op Die Voorstoep

Die agtjarige Carmine McDaniel wou op ’n besonder warm dag seker maak dat hul buurt se posman koel en gehidreer bly. Hy het ’n koelsak vol waterbottels en ’n sportdrankie op hul voorstoep neergesit. Die posman se reaksie is op die gesin se sekuriteitskamera vasgelê: “Genade! Water én Powerade! Dankie, Here! Dankie, julle!”

“Carmine het gevoel dis sy ‘plig’ om…

Soet En Bitter

Party mense hou van bitter sjokolade terwyl ander die soetes verkies. Die antieke Majane van Sentraal-Amerika het sjokolade as ’n drankie geniet en dit met brandrissies gegeur. Hulle het baie van die “bitter water” gehou. Vele jare later het dit in Spanje bekend geword, maar die Spanjaarde het soet sjokolade verkies en suiker en heuning bygevoeg om die natuurlike bitterheid teen…

Anonieme Goeie Dade

Nadat ek gegradueer het, moes ek by ’n streng kruideniersbegroting hou – R350 per week, om presies te wees. Terwyl ek op ’n dag agter in die ry inval, het ek vermoed dat my kruideniersware dié keer meer kos as waarvoor ek geld het. “Lui maar op totdat ons by R280 kom,” het ek die kassier gevra. Ek kon alles…

Verag Om Al Dié Redes

Susannah Cibber het in die agtiende eeu ’n beroemde sangeres geword. Sy was egter ook welbekend om haar skandalige huweliksprobleme. Toe Händel se Messias dus die eerste keer in April 1742 in Dublin uitgevoer is, het baie mense in die gehoor nie haar rol as die hoofsolis goedgekeur nie.

Gedurende die opening het Cibber oor die Messias gesing: “Hy was verag…