Leer Om Te Vertrou
As tiener was ek soms weerbarstig wanneer my ma my probeer bemoedig het om te bly glo. “Vertrou op God. Hy sal vir jou sorg” sou sy sê. “Dis nie so eenvoudig nie, Ma!” sou ek snou. “God help diegene wat homself help!”
Maar die woorde: “God help diegene wat homself help!” kom nêrens voor in die Bybel nie. Trouens,…
Dien Voortdurend
In Benjamin Bloom, die opvoedkundige sielkundige, se navorsing oor hoe om talent in jongmense te ontwikkel, het hy die kinderlewe van 150 uitstaande presteerders: atlete, kunstenaars en vakkundiges, ondersoek. Daar is bevind dat hulle een ding in gemeen het: hulle het vir lang periodes intensief geoefen.
Bloom se navorsing dui aan dat groei in enige area van ons lewe dissipline…
Vrygelaat
In ’n gesprek oor versoening het iemand opgemerk: “Moenie mense in tyd gevange hou nie.” Dié wyse woorde spruit uit sy waarneming dat ons geneig is om mense se foute te onthou en hulle nooit die geleentheid gee om te verander nie.
God kon Petrus verskeie kere in tyd gevange gehou het, maar Hy het nie. Petrus – die impulsiewe…
Ruimhartige Gewers
Die kerkleierskap het eers gekyk na alles wat God in die verlede in ons kerk gedoen het en toe ’n voorstel vir ’n nuwe gimn., waardeur ons ’n beter diens aan die gemeenskap kon lewer, aan die gemeente voorgelê. Dié span was die eerstes wat hulle finansieel verbind het aan die bouprojek. My aanvanklike gebede het my selfsug verraai. Ek…
Ons Wil Jesus Ontmoet
Van die kansel af, waar ek deelgeneem het aan die verrigtinge by ’n begrafnis, kon ek die koperbordjie sien met die woorde van Johannes 12:21 daarop: “Meneer, ons wil Jesus graag ontmoet.” Inderdaad, het ek gedink, dat ons Jesus kon sien in die vrou wat ons vandag met lag en trane vier. Hoewel sy uitdagings en teleurstellings die hoof moes…
Blywende Geluk
Ons hoor dikwels die filosofie dat ons gelukkig sal wees wanneer ons ons eie kop volg. Dis egter nie waar nie. Daardie lewensuitkyk lei net tot leegheid, angstigheid en hartseer.
Die digter W. H. Auden het na mense gekyk wat in genietinge probeer ontsnap het. Hy skryf oor hulle: “Verlore in ’n spookagtige woud / Kinders bang vir die nag…
God Versorg Ons
My kleinseuns wil graag self aantrek. Soms trek hulle die hemde agterstevoor aan, en soms trek die jongste sy skoene verkeerdom aan. Ek het egter nie die moed om hulle reg te help nie, en, buitendien, hul onskuld ontroer my.
Ek kyk graag deur hulle oë na die wêreld. Alles is vir hulle ’n avontuur, soos om oor die lengte…
Dié Gebed Rig Ons Huiswaarts
Een van die eerste gebede wat ek as ’n klein seuntjie geleer het, was: “Here, ek is ’n kindjie klein, hou my hartjie rein ...” Ek het hierdie gebed by my ouers geleer en dit op my beurt vir my seun en dogter geleer toe hulle klein was. Dit het my as kind diep getroos om, voordat ek aan die…
Vordering Of Voltooid?
Dis bevredigend om ’n taak af te handel. Byvoorbeeld, gedurende elke maand word een van my werksverpligtinge van “Vordering” na “Voltooi” aangeskuif en die “Voltooi-”sleutel gedruk. Terwyl ek dit verlede maand gedoen het, het ek gedink: As ek maar die uitdagings in my geloofslewe so maklik kon oorkom! Dit lyk asof die Christen se lewe altyd vorder, maar nooit voltooid…
Wonderbare Skepper
As ’n amateurfotograaf geniet ek dit om grepe van God se kreatiwiteit op my kamera vas te vang. Ek sien Sy vingerafdrukke op elke fyn blomblaartjie, elke lewendige sonsopkoms en -ondergang, en elke wolkgetinte en sterbelaaide hemelruim.
Met my kamera se sterk zoem-aksie neem ek God se unieke skepsels af: die kletsende eekhoring in die kersieboom, ’n kleurryke vlinder wat…